'Boer Soek 'n Vrou' se Reandi Grey deel haar feestyd-planne
Updated | By Jacaranda FM
Aktrise en TV-aanbieder, Reandi Grey, wat onlangs as 'Boer Soek 'n Vrou' se nuwe aanbieder gekies is, is gereed vir 'n groot feestyd met familie en vriende.
Reandi Grey is nie 'n onbekende vir TV-kykers nie. Sy vertolk immers die rol van 'Anja' in 'Diepe Waters' sedert 2022, maar daar was ook verskynings in 'Legacy' en '7de Laan'. En deesdae maak sy ook naam met haar klerereeks, Sonder Reëls.
Ja, erken Reandi, sy wou in 'n stadium, toe sy jonger was, ingeskryf het vir 'n boer op 'Boer Soek 'n Vrou, want haar grootwordjare op haar oupa se plaas was haar alles.
LEES: Reandi Grey is 'kinderlik opgewonde' oor haar 'Boer Soek 'n Vrou'-reis
Maar haar eie liefdespad het 'n stokkie daarvoor gesteek, want haar man, Dewald, was toe nie 'n boer nie. Toe begin die droom van aanbieder vir 'Boer Soek 'n Vrou'.
Sy is die sewende aanbieder van hierdie gewilde reeks. Haar voorlopers is Elma Postma, Angelique Gerber, Nadia Beukes, Minki van der Westhuizen, Leah van Niekerk en dan natuurlik Marciel Hopkins.
Met 'n besige jaar agter die rug, is Grey reg vir 'n lekker, maar ook rustige feestyd.
"My Kersfees-planne is om so veel as moontlik mense by ons huis te hê en die lekkerste kos te maak. Kersfees is vir my so 'n lekker tyd om die Here te vier en net tyd saam familie en vriende te spandeer."
Grey wil ook graag rustige tyd saam haar man en kinders spandeer.
"Dit was 'n baie besige jaar. My man het baie gereis vir werk, ek het baie gereis vir werk, so ek wil net graag ook alleen tyd spandeer saam die drie mees belangrikste mense."
LEES: Ontmoet die tien boere van 'Boer Soek 'n Vrou' seisoen 17
Sy het ook haar wens vir 2025 met ons gedeel.
"My wens vir 2025 is om vir 10 boere liefde te vind. 'Boer Soek 'n Vrou' maak vir my baie deure oop, daarom wil ek seker maak dat ek elke geleentheid aangryp.
Die reeks sal van Augustus 2025 op kykNET uitgesaai word. Kykers sal dan die boere se liefdesreis kan volg en oudergewoonte sal dit fokus op die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het.
2025 se oes van deelnemers se ouderdomme wissel tussen 26 en 56, en die boere verteenwoordig ses provinsies met die Vrystaat wat die voortou met drie hubare boere neem.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Show's Stories
-
Oscar nominees in main categories
Here are the nominees in key categories for the 97th Academy Awards, to ...
Breakfast with Martin Bester 26 minutes ago -
LISTEN: "Lost" Tina Turner song rediscovered after decades
The long-lost song is set to appear on a 40th anniversary, expanded edit...
Breakfast with Martin Bester an hour ago