Refentse Morake se nuwe enkelsnit kook
Updated | By MornéJK
Die Afrikaanse sanger, Refentse Morake, was die groot wenner tydens gisteraand se Ghoema Afrikaanse musiektoekennings.

Afrikaanse sangers het op Emperor's Palace toegesak vir die jaarlikse toekennings en Refentse het met die louere weggestap.
Hy het Album van die Jaar as ook Beste Manlike Kunstenaar van die Jaar gewen tydens die glans geleentheid maar dit gons oor sy nuwe album wat binnekort vrygestel word.
Refentse se debuut album, My Hart Bly In 'n Taal het dubbel platinum status bereik sedert dit in 2016 vrygestel is en dit is selde dat 'n intree kunstenaar hierdie status in minder as 'n jaar bereik.
Sy loopbaan het vlamgevat nadat 'n video van hom wat sing, op sosiale media gepubliseer is.
Hy was 17 toe hy in die tuin van sy ouerhuis in Unitapark in Vereeniging deur 'n dame afgeneem is terwyl hy sing en kort daarna het Afrikaanse rocker, Karen Zoid hom raakgesien.
Die Facebookvideo is meer as 30 000 keer gekyk en gedeel op die eerste dag wat dit aanlyn verskyn het.
Kort voor lank is hy 'n platekontrak deur Select Musiek aangebied.
Refentse het 'n deel van sy nuwe enkelsnit met Jacaranda FM News gedeel.
Show's Stories
-
LOOK: Iconic TV house goes on sale for R250 million
Few people can keep up with this price!
The Drive with Rob & Roz 12 hours ago -
LISTEN: Passengers scolded for gross backseat behaviour
Where are public displays of affection appropriate?
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago