Ronel Brink: Karlien in sewende hemel oor swangerskap

Ronel Brink: Karlien in sewende hemel oor swangerskap

Karlien en Bobby van Jaarsveld se ma Ronel Brink het aan Jacaranda FM News bevestig dat die hele familie in ekstase is oor die nuus van nog 'n pienk-voet.

Karlien van Jaarsveld Joe Breytenbach expecting
Instagram

Nee, dis nie Bobby en Anna se kleinding nie, maar Karlien en haar rugby-man Joe Breytenbach wat verwag.


Karlien het die nuus op sosiale media bekend gemaak kort nadat sy en Joe in die geheim in Maart getrou het.

"Die oomblik toe ek dit hoor toe juig my hart. Karlien kan maklik 10 kinders hê as sy 'n keuse het," het Ronel aan MornéJK vertel. 


Ronel voeg by dat Karlien baie seer gehad het na die miskraam van Eva in 2015 en dat die familie saam met haar bly is oor die nuus van nog 'n kleinding.


"Karlien is 'n ongelooflike goeie ma en ons bid en glo en vertrou dat hierdie swangerskap goed sal afloop," sê Brink.


Sy sê ook dat hulle nog nie weet wat die geslag van die baba is nie, maar dat hulle wel hoop vir 'n dogtertjie.


"Sy en Joe is in sewende hemel en toe sy my laat weet het sy gesê: 'Mamma ek gee nie om of dit 'n seuntjie of dogtertjie is nie, solank die baba net gesond is,'" vertel Ronel.


Die media is gereeld op Karlien se spoor maar kort na die voorval het sy 'n aktiewe besluit geneem om die media te vermy.


"Mens leer 'n les en ons het hierdie keer besluit ons gaan dit baie meer versigtig hanteer. Sy wil nie meer haar privaat lewe deel nie," sê sy.

Show's Stories