Ruan Wessels: "Ek is geen hartebreker nie"
Updated | By MornéJK
Ons almal ken hom as Morné in Binnelanders maar hy het ook al verskeie rolle in flieks op die kerfstok en dié jong akteur meen hy is geen hartebreker nie.

Wessels is te sien in die nuwe tiener-fliek, Jou Romeo wat in Desember begin draai en die fliek beloof om jonk en oud se hartsnare te roer.
"Dit is 'n tiener-fliek maar die hele familie sal dit geniet," meen Wessels.
Jou Romeo, wat romanse, Shakespeare, krieket, vriendskap, onvoorwaardelike aanvaarding en die liefde vier, vertel die verhaal van twee vasbeslote dramaliefhebbers wat tot enige uiterste sal gaan om hul droomproduksie op die planke te bring.
"Marco is nie die tipiese cool-kind wat almal sleg hanteer nie en dis hoekom almal van hom hou. Hy is 'n cool dude maar hy het 'n baie liefdevolle kant," sê Ruan.
Hy sê ook dat hy nie regtig sport gespeel het op skool nie en dat hy nog altyd homself was en dus nie 'n hartebreker nie.
"Ek is maar net myself en as jy dink ek is 'n hartebreker is dit maar jou saak," sê hy.
Jou Romeo:
Die fliek handel oor Marko wat nverwags aangetrokke vopel tot die bleek dramasiel Yvette.
Sy sien ook skielik meer in Marko raak as die image van 'n "oppervlakkige" spiertier jock met 'n mooi glimlag.
'n Leuen dreig egter om hulle uitmekaar te skeur en gevolglik ook die opvoering te kelder. Om universiteitstoelating te kan kry, moet Marko 'n sportbeurs met sy krieketkolf losslaan. Terwyl hy uithaal en wys op die krieketveld, wonder Yvette of Marko werklik haar Romeo kan wees.
Show's Stories
-
Blood moon total eclipse happening in March
The upcoming eclipse will transform the moon into a blood moon, casting ...
The Drive with Rob & Roz 9 hours ago -
Dream job alert: Get paid to watch animal movies!
Who can say no to a quick buck and a heartfelt story about animals?
The Drive with Rob & Roz 9 hours ago