Snotkop is terug met 'n bang!
Updated | By MornéJK
Afrikaanse kwaito-ster, Snotkop stel vandeesweek sy nuutse album HKGK bekend en dit stel nie teleur nie.
![Snotkop](https://turntable.kagiso.io/images/Snotkop.width-800.jpg)
Snotkop wat bekend is vir sy besonderse kletsrymvaardighede, energiebelaaide ritmes en tong-in-die-kies, skerpsinnige lirieke doen dit weer.
Sy nuutste album, “HKGK”, verpersoonlik dié musikale karaktertrekke in ‘n album met hope skop!
Die techno-popgeur van die album word versterk deur polsende, aansteeklike baslyne wat tonne oemf tot elkeen van die 13 snitte toevoeg.
Met hoë-oktaan snitte soos “Cool soos Koos Kombuis”, “Hoe lykit”, “Woestersous”, “Raak vir my rustig”, “Meisie Ferguson”, “Kom ek soen dit beter” en “Dans en stop” is een ding baie seker: as hierdie album jou nie aan’t dans en partytjie kry nie is jy eenvoudig besig om te oud te word vir ‘n behoorlike kuier!
Die album is vanaf 24 Junie op die rakke.
Show's Stories
-
Woman shows us her talent that involve tongs
When you approach things with a multipurpose mindset, you begin to see o...
The Workzone with Alex Jay 20 hours ago -
Weekend fun awaits at Tres Jolie Restaurant and Party Venue
Enjoy a weekend of family fun with carnival rides, pony rides, and a jum...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 20 hours ago