Splinternuwe geselsprogram met Leandie du Randt
Updated | By Jacaranda FM
Vanjaar se winter bring 'n warm, knus kombers met hom saam wanneer die geliefde aktrise, Leandie du Randt, weekliks 'n draai op ons skerms gooi in die nuwe kletsprogram, 'Gesels'.
Al die lekkerte sal jou skoon van die bibberkoue laat vergeet. Span uit op die rusbank en trek maar daai snoesige kombers nader, want 'Gesels' is pure kykgenot. Met slim mooimaakwenke, maklike smullekker kos, lieflike blyplekke, gesondheidsraad, plus 'n weeklikse afspraak met die boekklub, is 'Gesels' net die regte doepa vir jou Saterdagaand!
LEES: "Ek was dood": Sanger deel gesondheidstryd op sosiale media
Leandie du Randt sê sy het eers gedink iemand trek haar been toe sy hoor haar heel eerste geselsprogram is in die pyplyn. "Want dis iets wat ek nog altyd wou doen. Dis op my visiebord en ek het verlede jaar vir Stephan (die man in haar lewe) gesê ek moet eers 35 wees en dan sal die Here dit laat kom as Hy dink ek is reg – en toe wraggies! Ek word vanjaar 36. Wow, ek is dankbaar."
Elke episode skop af in Leandie du Randt se vars en vrolike instapkas waar sy geselsies aanknoop met haar stilis en bestie, Mari Conradie. Die twee klets oor die nuutste modegiere en grimeertruuks, en kykers leer hoe om die perfekte uitrusting saam te klap vir 'n spesiale aandjie uit.
LEES: Mej. Wêreld Rolene Strauss verwelkom nuwe baba
Toe sy die pragtige 'Gesels'-stel die eerste keer sien, het sy sommer in trane uitgebars van pure opgewondenheid. "Pieter Serton en sy span het my persoonlikheid en vibe so mooi vasgevang. Dit het my sommer dadelik ontspanne laat voel asof ek in my eie woonstel sit en in Barbie se kamer aantrek, nes toe ek klein was." Grimeer-ghoeroe, Mari, meen is 'n reusevoorreg om haar ding saam met haar glansvriendin voor die kameras te kan doen. "Dit voel soos alles behalwe werk."
Kosmaak is nou nie juis Leandie du Randt se sterkpunt nie, maar die nimlike SARIE KOS-redakteur en kosskrywer, Herman Lensing, kom tot haar redding wanneer hy weekliks handjie bysit agter die kospotte. Herman deel ook maklike, liplekker resepte soos hoe om die perfekte pienk steak met chimichurri-sous op te tower of 'n bo-baas sjokoladekoek wat jou glo nooit in die steek laat nie.
Dekor-entoesiaste kan naderskuif vir 'n kykie deur van ons land se mooiste huise en sodoende op hoogte bly van allerhande slim dekor-idees. Leandie se celeb-vriende kom kuier ook in haar sitkamer. Blink sterre waaronder Beata Bena, Rolanda Marais, Mila Guy en Bennie Fourie, asook Suidooster se Dean John Smith, maak 'n draai om te saam 'Gesels'.
Hein Scholtz, die reeks se vervaardiger, sê Leandie het darem ook 'n sê gehad in die ster-gastelys. "Van hulle is haar pelle, van hulle wou sy nog altyd ontmoet. Kyk uit vir ons speletjie aan die einde!"
LEES: Mej. Suid-Afrika deel opwindende nuus!
Leandie du Randt is vol energie, lewenservaring en talent, en daarom is sy die ideale aanbieder vir 'n kletsprogram soos 'Gesels', meen VIA-kanaalhoof, Azelia Morkel. "Van mans, vroue en tieners tot tannies is mal oor haar. Sy het die vermoë om almal in te trek met haar sprankelende persoonlikheid en insig."
LEES: Gewilde 'Vetkoekpaleis'-akteur opsoek na liefde
Maak dus knoop in die oor en moenie Gesels misloop nie, want Leandie raak aan alles waaroor ons altyd wonder, maar soms te bang is om te vra, sê Azelia. "Met die hulp van 'n paar besighede en kenners deel sy haar life hacks en gesels met van ons gewildste bekendes oor hul eie lewens, loopbane en verklap selfs 'n paar geheime. Daar is vermaak en insigte oor die nuutste tendense, asook praktiese antwoorde op alledaagse vrae. 'Gesels' gaan nie net jou nuuskierigheid prikkel nie, maar bring ook 'n ietsie prettigs en vreugdevol na kykers se daaglikse lewens."
Skakel elke Saterdag vanaf 22 Junie om 18:00 in vir splinternuwe episodes van Gesels op VIA (DStv-kanaal 147). Met heruitsendings Maandae om 17:00 en Donderdae om 21:30.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Try the official Drive with Rob and Roz cocktail!
This is what the Drive with Rob and Roz team taste like!
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago -
ICYMI: Netflix movie called "the worst Christmas film ever"
Apparently, the movie's popular cast couldn't even save it...
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago