EERSTE FOTO: Springbok Eben Etzebeth en vrou verwelkom baba
Updated | By Jacaranda FM
"Geen woorde sal ooit die gevoel kan beskryf nie."

Springbok Eben Etzebeth en sy pragtige vrou, Anlia Etzebeth, het in 2023 aangekondig dat hulle 'n baba verwag.
Nadat die Springbokke vir die vierde keer die Rugbywêreldbeker gewen het, het die geliefde Springbok-slot en sy vrou die goeie nuus gedeel.
LEES: Amor Vittone se aantreklike seun word 20
Anlia het op 'n Instagram-plasing 'n foto van haar en Eben wat die Webb Ellis-trofee vashou gedeel.
In die foto, glimlag die paartjie beide van oor tot oor terwyl die Springbok-slot sy vrou se maag vashou.
LEES: Verwag Mej. Wêreld Rolene Strauss 'n babadogter?
Op Saterdag 20 Januarie 2024, het die glanspaartjie die eerste foto van hulle babadogtertjie op sosiale media gedeel.
"Geen woorde sal ooit die gevoel kan beskryf nie. Dankie Here," het Anlia op Instagram geskryf.
Volgens Anlia se Instagram-plasing, is die baba op 16 Januarie 2024 gebore.
Baie geluk, Eben en Anlia!
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Instagram/ Anlia Etzebeth
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
KYK: Demi Lee Moore is swanger!
Sangeres Demi Lee Moore en haar man, Barthlo Visagie, het Maandag dié op...
The Drive with Rob & Roz 7 hours ago -
WATCH: Meghan Markle's wedding day makeup products revealed
The Duchess of Sussex's make up artist, Daniel Martin, has shared more a...
The Drive with Rob & Roz 9 hours ago