Sterre wys glans en swier tydens bekendstelling van nuwe fliek
Updated | By MornéJK
Akteurs, regiseurs en vervaardigers het gisteraand in hul beste die rooitapyt betree vir die bekendstelling van die nuwe Afrikaanse film, Kampterrein.
![Kampterrein](https://turntable.kagiso.io/images/Kampterrein_thumb.width-800.png)
Die nuwe Afrikaanse film Kampterrein beloof om 'n "goed voel" film te wees wat kykers gaan laat skater van die lag.
In hierdie eietydse Suid-Afrikaanse familie-komedie is vakansie-chaos aan die orde van die dag.
Waaroor handel die film?
Wanneer die Afrikaanse gesin, die Fouchés, by 'n vakansieoord opdaag, sien hulle dat die karavaanstaanplek waar hulle elke jaar kampeer, deur die Khumalo's beset word.
Die onderonsie tussen die twee gesinne ontaard in 'n heen-en-weer-gestryery ontaard, met skreeusnaakse gevolge.
Die wenkbroue lig wanneer daar vrae gevra oor die skoonheidsalon wat 'n ietsie meer as manikure en pedikure aan hulle kliënte bied en dan is daar is ook 'n ou tannie wat by die oord vakansie hou en probeer om haar hondjie weg te steek.
Hoof rolverdeling:
- Ruan Wessels
- Reine Swart
- Louw Venter
- Juanita de Villiers Velts
- Jürgen Hellberg
- Edrien Erasmus
- Kaz McFadden
- Johan Botha
- Marlee van der Merwe
- Reiner Swart
- Sasha Stroebel
- Theresa Benade
- Masilo Josias Moleele
- Zenande Mfanyane
Show's Stories
-
LUISTER: 'Binnelanders'-paartjie deel meer oor sepietroue!
Reynardt Hugo en Melinda Viljoen het met die Drive-span gesels oor hulle...
The Drive with Rob & Roz 6 hours ago -
Experts share the best dental tips and advice
It's time to step up your dental health game.
The Drive with Rob & Roz 7 hours ago