Steve se nuwe Blou Bul liedjie
Updated | By MornéJK jk
Steve Hofmeyr het gisteraand tydens die Blou Bul Rughby Unie se 75ste Herdenking bekend gemaak, dat hy 'n nuwe Blou Bul liedjie geskryf het.
Steve Hofmeyr het gisteraand tydens die Blou Bul Rughby Unie se 75ste Herdenking bekend gemaak, dat hy 'n nuwe Blou Bul liedjie geskryf het.
Die Bulle se amptelike liedjie sal egter nooit vervang word nie meen Hofmeyr. "Die nuwe liedjie kom eers volgende jaar uit, maar niks sal ooit die Blou Bul lied vervang nie," het hy aan Jaca Sport gesê.
"Ek sou oorspronklik nie "Ons Bloed Bly Blou" vanaand gesing het nie maar het toe besluit om almal 'n voorsmakie te gee," het Steve gisteraand tydens die Blou Bulle se dinee gesê.
"Ons Bloed Bly Blou" het 'n "rock" ondertoon en Hofmeyr sê hy is baie gelukkig met die eindproduk. Steve het al verskeie Blou Bul liedjies geskryf en meen hy sal elke tweede jaar nog skryf.
"Hierdie is my liedjie wat ek geskryf het vir 2013 en ek is baie happy met hom," sê Hofmeyr.
Waar kom die oorspronklike Blou Bul liedjie vandaan?
Die Hof Uitvoerende Beampte van die Blou Bulle, Barend van Graan het Hofmeyr in die laat 1990's genader en gevra om 'n liedjie te skryf wat die geskiedenis - en die toekoms - van die Bulle vertel, kort nadat Hofmeyr sy eerste digbundel bekend gestel het.
"Dis ook net ék wat sal gaan van 'n digbundel na 'n rugby liedjie, en ek laaik dit ewe veel"
Hofmeyr moes egter die goedkeuring van destydse spelers en kapteine kry voordat "Die Blou Bul" die lig kon sien. "Ek het die ou name genoem: Naas, Frik Du Prees - maar ek moes by Ruben Kruger-hulle verby kom."
Steve meen alhoewel die Blou Bul liedjie nou al deel van Blou Bul geskiedenis is, sal hy aanhou hulde bring aan Bulle en spelers.
"Dis nie die unie, spelers of ek wat kies watter liedjie die amptelike Blou Bul song is nie - dis die aanhangers," voeg Hofmeyr by.
Ons sal maar moet wag tot vroeg volgende jaar vir 'n voorsmakie van die nuwe liedjie.
Intussen weergalm Loftus steeds: Ons Bloed Bly Blou! - tot dan, luister ons maar Die Blou Bul.
Show's Stories
-
LISTEN: The best Rob and Roz interviews from 2024!
The Drive with Rob and Roz have been lucky to share the studio with some...
The Drive with Rob & Roz 2 days, 13 hours ago -
Dad went in to save the teddy but ended up sludge-faced
The silver lining in this scenario is that mud is said to be great for y...
The Workzone with Alex Jay 2 days, 14 hours ago