SA ikoon maak 'n draai in 'Suidooster'

SA ikoon maak 'n draai in 'Suidooster'

September beteken nie net die lente is hier nie, maar in 'Suidooster' is hierdie mooi seisoen propvol drama, spanning en onverwagte kinkels wanneer verhoudings op die proef gestel word, geheime verklap word en nuwe bande gesmee word.

Suidooster
Instagram/ Suidooster

'Mrs J' (Theresa Sedras) se besluit om Tulbagh haar nuwe tuiste te maak om vir 'Ronald' (Ivan Abrahams) te versorg, begin sy tol op haar dogters eis. 'Lee-Ann' (Portia Joel) moes immers reeds vanjaar die verlies van haar geliefde 'Ty' (Maurice Paige) hanteer, en nou is 'Mrs J', haar en 'Bridgette' (Denise Newman) se rots, ook nie meer deel van haar alledaagse doen en late nie.

LEES: Jo Black deel meer oor Dricus du Plessis se wen-oomblik

'Elana' (Esther van Waltsleben) en 'Justin' (Eden Classens) sit vas wat tot 'n vurige debat gelei het. Boonop is dit ook op Radio Dassie uitgesaai. 'Susan' (Natasha van der Merwe) se geheime plan om 'Elana' te verras, misluk liederlik. Ook dít lei tot 'n ongemaklike oomblik wat regstreeks op lug uitspeel.

Terwyl 'Wade' (Dean Smith) se verhouding met 'Angie' (Char Carrie) begin verbrokkel, word Zoe (Lauren Joseph) meegesleur in ’n passievolle verhouding met Gary (Craig Adriaanse), tot groot irritasie van Bridgette.

LEES: Jo Black en Brendan Peyper gee ikoniese lied nuwe lewe

'Imelda' (Ilse Klink), 'n vasberade sakevrou, betree die toneel en nader JPD met 'n onmoontlike projek. Tog is 'Riaan' (Daniel Coetzee) vasberade om die uitdaging aan te pak. Maar 'Imelda' koester 'n donker geheim wat alles kan omverwerp.

Ilse Klink Suidooster
Verskaf/ kykNET

Met die koms van die lente is daar talle romantiese verrassings en op 18 September weergalm die trouklokkies deur Ruiterbosch.

Suidooster Troue
Verskaf/ kykNET

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories