'Suidooster' waai virtueel by aanhangers
Updated | By Dean Paulse
Die gewilde kykNET-sepie 'Suidooster' beplan om sy tweede virtuele kuier saam met kykers te doen.

Dit sal op Vrydag 12 Junie plaasvind, na die eerste een, wat op 30 Mei gebeur het, bykans 100 000 keer gekyk is.
Dean Smith, wat Wade in 'Suidooster' speel, fasiliteer die virtuele aktivering en die akteurs wat deel van die tweede een gaan wees, is Portia Joel (Lee-Ann), Maurice Paige (Tyron), Eden Classens (Justin), Irvine van der Merwe (Nazeem) en Marco Spaumer (Tim).
Volgens Wilmer Müller, 'Suidooster' se publisiteitsbestuurder, span hulle Facebook se Live-funksionaliteit hiervoor in, wat beteken dit is heeltemal gratis vir die sepie se meer as 170 000 aanhangers op Facebook.
LEES: kykNET se 'Suidooster' verwelkom nuwe akteurs
“Soos talle ander bedrywe moes ons, ons bemarkingsaktiwiteite aanpas en wou ons steeds op ’n manier na 'Suidooster' se aanhangers, wat smag daarna om op ’n manier in aanraking met hul sepiehelde te kom, uit te reik,” sê hy.
Volgens Wilmer het 'Suidooster' altyd probeer om so een keer per maand ’n winkelsentrum te besoek, sodat die aanhangers die sterre van Suidooster kan ontmoet, maar wat tans weens die nasionale inperking en sosiale afstand nie moontlik is nie.
Dit vind plaas in die sepie se eie ‘winkelsentrum’ in Ruiterbosch (die fiktiewe woobuurt waar die sepie afspeel) op die stel van die Suidooster-sentrum.
“Ons eerste probeerslag was ongelooflik gewild en ons kon uit die oorvloed van terugvoer sien dat die aanhangers dit regtig geniet het,” sê Wilmer.
“Ons saai dit regstreeks uit, maar oor dit ’n normale produksiedag vir 'Suidooster' is, gebeur dit tussendeur tonele wat ons besig is om te skiet. Dit maak die ervaring eintlik nog meer uniek vir almal wat inskakel om te kyk.”
Daar is ook geen planne om die Covid-19-pandemie in 'Suidooster' se storielyne in te sluit nie.
“Sepies en dramareekse loop nie altyd hand aan hand met wat in die werklikheid gebeur nie, en ons bied eintlik vir kykers ’n ontvlugting. Op die ou einde van die dag is dit wat in sepies afspeel elk geval fiksie.”
* 'Suidooster' se tweede virtuele aktivering word rondom 12:45 op 12 Junie op die sepie se Facebookblad, www.facebook.com/suidoostertv, uitgesaai. Hou Suidooster se sosiale media dop vir meer inligting.Show's Stories
-
You know a fish is fresh when it jumps at you
Pro tip when cooking fish – if the fish jumps off the counter, it's not ...
The Workzone with Alex Jay 19 hours ago -
Visit Lago Puccini for a relaxing time with the family
The perfect spot for you and your family that promises a fun play area a...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 19 hours ago