Trauma of tradisie? Wat gaan aan by Wilgenhof?

Trauma of tradisie? Wat gaan aan by Wilgenhof?

Wat gaan aan by Wilgenhof? Die legendariese manskoshuis van die Universiteit Stellenbosch is sedert Februarie in die nuus ná daar foto's van twee kamers in die koshuis versprei het. Die kamers was gevul met ontstellende artefakte en gerugte het begin loop oor verdagte aktiwiteite wat oor dekades daar gebeur het.

WILGENHOF_TRAPPE_KYKNET
Verskaf/ kykNET

In die ondersoekende program in die 'Onthul'-reeks word daar gepoog om uit te vind wat werklik in Wilgenhof gebeur het. Daar gaan onder meer gekyk word na kwessies soos tradisie, die sogenaamde "woke"-kultuur wat alles aan die groot klok wil hang, toksiese manlikheid en of die US se strewe na ’n totaal inklusiewe omgewing nie uiteindelik ’n strewe na identiteitsloosheid is nie. Dit is ook duidelik dat die twee kampe beide rigied en onwrikbaar is en nie die ander se saak wil insien nie. 

LEES: Daniel Coetzee gesels oor sy reis met 'Suidooster' en hoe hy uitdagings takel

Van die deelnemers aan die program is die joernaliste Adriaan Basson en Jo Prins, die grondwetkenner prof. Pierre de Vos, die sielkundige Anton Böhmer, prof. Vasti Roodt, asook voormalige Wilgenhoffers soos Neels van Jaarsveld, Samore Menze en Louis van der Riet. 

LEES: Hannon gee oud-Springbok 'n nuwe 'Glam Guru'-voorkoms

'Onthul – Wilgenhof: Trauma of tradisie?' is deur Idea Candy vervaardig. Die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh, die regisseur Nina Swart en die vervaardiger Wynette Theart het agter die skerms gewerk.

'Onthul – Wilgenhof: Trauma of tradisie?' word op 6 Oktober om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees. 

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories