Twee Grade van Moord binnekort op die grootskerm
Updated | By MornéJK
Twee Grade Van Moord het die toekenning vir Beste Film by die Indie Karoo Filmfees gewen en sal op die 22ste Julie bekendgestel word.
![Sandra Prinsloo en Marius Weyers](https://turntable.kagiso.io/images/Screen_Shot_2016-05-09_at_4.10.32_PM.width-800.png)
Twee Grade Van Moord, ‘n verhaal wat die aspekte van ‘moord’ uit verskillende perspektiewe, ongenadige selfsug en onselfsugtige omgee en genade ondersoek, speel af in Kaapstad en die regie was behartig deur Gerrit Schoonhoven.
Dit sal vanaf Vrydag, 22 Julie 2016 in teaters landswyd wys.
Vervaardiger, Barry Strick, bedank die organiseerders en beoordelaars van die fees vir hierdie voorreg.
Hy noem dat hulle baie trots op die toekenning is en dat dit van die hoë kwaliteit van die film en die geliefdheid van die akteurs spreek. Hy Is baie dankbaar vir Sandra, Marius, Gerrit, Anita le Roux en Ronelle Loots vir hul fantastiese ondersteuning.
LEES OOK: Sandra Prinsloo en Marius Weyers werk weer saam
Twee Grade Van Moord vertel die verhaal van Aleksa Cloete (Sandra Prinsloo), ‘n welbekende Kaapstadse sielkundige, wat ‘n topverkoper boek, Die liefde kwes nie, geskryf het. Alhoewel sy in ‘n lang en gelukkige huwelik is met Ben (Marius Weyers), het sy ‘n baie siniese en intellektuele uitkyk op die liefde.
Hulle enigste kind, Christiaan (Roelof Storm), was tydens sy grootword jare afhanklik van die liefde en ondersteuning van sy ‘tweede’ma, die lojale huiswerker, Fy Abrahams (Shaleen Surtie-Richards).
Show's Stories
-
Brutal murder of Raygun the baboon under investigation
Breakfast with Martin Bester spoke to Jacques Peacock, Communications Ma...
Breakfast with Martin Bester 10 hours ago -
LISTEN: Should dogs be allowed where babies are allowed?
It's a classic case of animal versus human.
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago