"Vandat ek ‘n ma geword het, beteken Moedersdag soveel meer vir my" - '7de Laan' se Reandi Grey
Updated | By Dean Paulse
'7de Laan' se Reandi Grey beter bekend as 'Esti' is nie net 'n ma in die sepie nie, maar ook in regte lewe. Grey gesels met Dean Paulse oor die uitdagings, die lesse, en die mooi van ma-wees.
In 2017, het Reandi Grey, duisende Suid-Afrikaners se koppe laat draai met haar krulkop en haar sagte groen oë as 'Esti' in '7de Laan.'
Die Laan se manne het tougestaan vir haar - en ons kan hulle nie kwalik neem nie. Maar Reandi Grey se talente stop nie by aktrise wees nie. Sy het ook onlangs ma geword. In 2019, het Reandi Grey haar eersteling verwelkom, Heidi, met haar man.
Sedert die geboorte van haar pragtige dogtertjie het haar lewe, asook die idee van ma-wees verander.
View this post on InstagramA post shared by Reandi grey (@cheerfullygrey) on
Wat beteken Moedersdag vir jou?
Vandat ek ‘n ma geword het, beteken Moedersdag soveel meer vir my, nie vir myself nie, maar vir my eie ma. Dis hartseer dat ek werklik eers besef het wat dit vat om ‘n ma te wees, toe ek self een word. Ek is dubbel so dankbaar en lief vir my ma. Want ek besef nou dat sy so ongelooflik onbeskryflik lief is vir my soos ek vir my dogtertjie is. Dit is ‘n liefde wat geen woord of geen taal kan beskryf nie.
Hoekom moet ons Moedersdag vier?
Om ‘n ma te wees is ‘n baie selflose ‘beroep’. Maar een wat mens elke dag oor en oor sal kies. Mens wil die minste wees, want dit is net so lekker om alles vir jou kind te doen en gee en wees. Jy doen dit nie omdat jy moet, of omdat iemand dit van jou verwag nie, dit kon natuurlik.
Moedersdag is net ‘n herinnering dat jy die beste ma is vir daardie kind. Liewe Jesus het jóú gekies om na daardie kleintjie te kyk, en iemand anders nie. So, ek dink dit is ‘n herinnering vir kind en ma, dat julle ‘n ‘bestie’ het for life!
View this post on InstagramA post shared by Reandi grey (@cheerfullygrey) on
Hoe het jou lewe verander nadat jy ma geword het?
Plain and simple. My kind is my antidepressant. Ek het van graad 10 af gesukkel met depressie. En vir die eerste keer in 14 jaar het ek nie meer antideprisante nodig nie, want ek is die gelukkigste wat ek al ooit was. Ma-wees is alles! Ek is ook trippel so lief vir my man, en die pa van ons mooiste dogtertjie, want hy het my ‘n ma gemaak.View this post on InstagramA post shared by Reandi grey (@cheerfullygrey) on
Hoe vier jy Moedersdag die jaar (in lockdown)?
Goeie vraag! Nog nie regtig daaraan gedink nie. Een van my liefdestale is kwaliteit tyd, so ek sal net soveel moontlik tyd met my dogtertjie wil spandeer en terugkyk op die laaste jaar, want dan is sy amper ‘n jaar oud. En Skype met my eie mams.
Wat is die grootste les wat jy geleer het as ma?
Gut feeling is nie ‘n miete nie. Dokters, vriendinne, ouma's kan sê wat hulle wil, jy as ma weet die beste! Sy was fisies deel van jou vir nege maande, so sy sal emosioneel deel wees van jou vir die res van jou lewe.
Wat is die grootste les wat jy by jou ma geleer het?
Liefde, liefde en liefde. My ma is van liefde aan mekaar gesit. En haar verhouding met die Here is ‘n daaglikste inspirasie. Daar gaan nie ‘n dag verby wat sy nie haar kinders opdra aan die Here of ons herinner aan Hom nie.
Wat is die mooiste deel van ma-wees, asook die moeilikste deel?
Die mooiste en moelikste deel is die verantwoordelikheid. Jy is letterlik verantwoordelik vir die oorlewing van ‘n ander Godgeskape wese. Dan as jy die oorlewing ding onder die knie het, is jy verantwoordelik vir hulle ontwikkeling, veiligheid, geluk, blootstelling en soveel meer.
Maar dis wat so amazing is! Jy is deel van al daai aspekte, en het die geleentheid om jou lewensvisie, lewenslesse, lewenskennis, oortuiginge, ervaringe en soveel meer met hulle te deel.
Wat is jou boodskap vir ma’s?
Liewe ma, jy is ‘n ROCKSTAR! Skryf dit op jou spiëel!
Show's Stories
-
Joburg man says licence renewal discs annoy him
It seems cutting out the circular shape of your vehicle licence disc is ...
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago -
Residents applaud neighbour for washing car in the rain
No water and you want to wash your car, no problem, wait for the rain...
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago