VIDEO: Tempo 2015: Die Wenners
Updated | By MornéJK jk
Die sanger Bobby van Jaarsveld was een van die aand se groot wenners: Hy het drie Tempo-toekennings ontvang vir pop/sokkie-album van die jaar, musiekvideo van die jaar en liedjie van die jaar. Riana Nel het twee gesogte Tempo-beeldjies ontvang – in die afdeling kontemporêre album van die jaar en vir die topverkoper-CD van die jaar.
Die kykNET-sepie Binnelanders het ook skoonskip gemaak en is bekroon as sepie van die jaar, terwyl die akteur Hans Strydom en die aktrise Brümilda van Rensburg, wat albei in dié sepie speel, bekroon is as sepie-akteur van die jaar en sepie-aktrise van die jaar.
Die Noot vir Noot-aanbieder Johan Stemmet is ná 40 seisoene en meer as 600 episodes van dié reeks vereer as Afrikaanse erfenislater.
Die wenners:
Nuweling van die jaar
Adam Barnard – Ruk My tot Stilstand
Gospelalbum van die jaar
Danie Botha – Ge-anker
Kontemporêre album van die jaar
Riana Nel – Die Regte Tyd
Pop/sokkie-album van die jaar
Bobby van Jaarsveld – Maak ’n Wens
Musiekvideo van die jaar
Bobby van Jaarsveld – Een vir Een
Liedjie van die jaar
Bobby van Jaarsveld – My Alles
TV-reeks van die jaar: Aktualiteit, Werklikheid, Speletjies
Die Nataniël Tafel
TV-aanbieder van die jaar
Emo Adams – Jou Show
TV-reeks van die jaar: Drama, Sitkom
Vallei van Sluiers
Akteur van die jaar: Drama, Sitkom
Nico Panagio – Vallei van Sluiers
Aktrise van die jaar: Drama, Sitkom
Leandie du Randt – Vlug na Egipte
Sepie van die jaar
Binnelanders
Sepie-akteur van die jaar
Hans Strydom – Binnelanders
Sepie-aktrise van die jaar
Brümilda van Rensburg – Binnelanders
Rolprent van die jaar
Ballade vir ’n Enkeling
Akteur van die jaar: Rolprent
Bok van Blerk – Leading Lady
Aktrise van die jaar: Rolprent
Donnalee Roberts – Ballade vir ’n Enkeling
Radio-aanbieder van die jaar
Rian van Heerden – Jacaranda FM
Leesboek van die jaar
Deon Meyer – Ikarus
Topverkoper-CD van die jaar
Riana Nel – Die Regte Tyd
Topverkoper-DVD van die jaar
Lollos 6 – Lalaland!
Afrikaanse Erfenislater
Johan Stemmet
- Persverklaring
Show's Stories
-
LISTEN: 90s sitcom reboot to feature AI cast members
What does the future hold for 2025?
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago -
LISTEN: Parents leave baby alone in hotel room
Is this bad judgment by the parents or acceptable behaviour?
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago