Wie is van der Merwe nou eintlik?
Updated | By MornéJK
'n Nuwe Afrikaanse film, Van der Merwe, handel oor die eg Suid-Afrikaanse man waaroor daar so dikwels gegrap word.

Vervaardigers Craig Jones, Bruce Macdonald, Murray Macdonald en Bruce Lawley bring die splinternuwe, tong-in-die-kies familiekomedie na die grootskerm, met Rob van Vuuren in die hoofrol.
Fliekliefhebbers kan gereed maak vir 'n film vol stereotipes, met die onderwerp van Suid-Afrika se gunsteling grappies wat lewe kry in 'n komedie oor die buiteperd.

"Ten volle toegerus met sy wanopvattings, vooroordele en kenmerkende onvermoë om suksesvol te wees, gaan Van der Merwe jou laat lag, huil, en ineenkrimp wanneer hy probeer om 'n moeilike situasie reg te stel, en 'n groot gek van homself maak, terwyl hy daarmee besig is," meen die vervaardigers.

Chanelle de Jager, Barry Hilton, Ian Roberts, Rika Sennett, Tinnarie van Wyk-Loots, Neels van Jaarsveld, Graham Weir, Erica Wessels, Louw Venter en Melt Sieberhagen is ook in die film te sien.
Van der Merwe word op landswyd op 28 Julie vrygestel.
Show's Stories
-
Dad reveals what he thought the 'APT' song lyrics were
The hit song 'APT' has taken the world by storm – but wait until you hea...
The Workzone with Alex Jay 45 minutes ago -
Michael Jackson lookalike impresses on Joburg streets
Some people are wondering if the real Michael Jackson will wake up to se...
The Workzone with Alex Jay an hour ago