Wil jy spog met 'n heel nuwe voorkoms?
Updated | By Jacaranda FM
As jy die nuwe jaar met groter selfvertroue en 'n vars voorkoms en wil aanpak, is dié nuwe leefstylprogram die oplossing.
Die gewilde TV-persoonlikheid Angelique Gerber en haar span, insluitend soek 12 vroue om hierdie lewensveranderde reis saam met hulle aan te pak.
LEES: Refentse skok met sy weergawe van 'Voshaarnooi'
Al die deelnemers kry die geleentheid om 'n nuwe en beter weergawe van hulself te word en selfs hul voorkoms radikaal te verander. Hierdie vroue word uitgedaag om hul grense te verskuif en 'n dieper begrip van hul eie potensiaal te ontwikkel.
Deur die loop van die reeks sal hierdie dapper dames 'n ongelooflike transformasie ondergaan en die strydvaardige, selfversekerde en pragtige vroue word wat hulle nog altyd binne was.
LEES: Oorsaak van 'Boer Soek 'n Vrou'-deelnemer se dood bevestig
"Stralend is nie 'n program wat fokus op gewigsverlies nie, want dit dra die boodskap oor dat jou geluk afhang van 'n spesifieke gewig. Stralend beklemtoon daardie innerlike skoonheid wat jou uniek maak. Ons bied wel wenke vir grimering en styl, maar die uiteindelike doel is selfaanvaarding, selfliefde en respek vir jou eie uniekheid,' sê 'n entoesiastiese Angelique Gerber.
Francois de Klerk, beter bekend as Fafa, sal aan haar sy staan as die stilis van die reeks. Fafa is 'n talentvolle en bekende grimeerkunstenaar en stilis in die Suid-Afrikaanse mode- en skoonheidsbedryf. Hy het die vermoë om 'n visie werklikheid te maak en mense te help om hul selfbeeld te verbeter deur middel van grimering en stilering.
LEES: Aktrise Simoné Pretorius deel eerste foto van 'perfekte' Jamie
JC Snooke, mede-regisseur van die reeks, sê dis nou die tyd vir vroue om lief te wees vir wie hulle werklik is. "Stralend is daar om vroue die selfvertroue te gee om hul ware self te wees. Ons fokus op die kop, hart en siel omdat dit die plekke is waar die transformasie plaasvind."
Stuur 'n e-pos na [email protected] om in te skryf. Verfilming sal in Gauteng plaasvind en inskrywings sluit op 15 Februarie 2024.
FOTO: Verskaf/ kykNET
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
ICYMI: Video of rare sight as lions walk in SA snow
Just when you think you've seen everything...
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago -
VIDEO: Rassie Erasmus joined by supporters on Christmas walk
The Springbok coach posted on social media, inviting others to join him ...
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago