Willem Botha skitter in Reik Na Die Sterre
Updated | By MornéJK jk
Die musiekblyspel is 'n droom van The Smash Hit Company se Henré Bornman en Johan Ferreira van JSF Productions wat waar geword het.
Enige iemand wat al saam met hierdie gesoute name in die vermaaklikheidswêreld gewerk het behoort te weet dat hierdie produksie van top gehalte is.
Murray Lubbe, 'n bekende in musiekkringe en 'n naam wat gekoppel word aan suksesverhale soos Innibos, Afrikaans is Groot en die Ghoema Afrikaanse Musiektoekennings, is die musiekregisseur.
Al die musiek is nuwe verwerkings van klassieke Bles Bridges treffers, beide Afrikaans en Engels, en word so ingespan dat die blyspel 'n moderne aanslag in die hedendaagse tyd sal vind.
Wanneer die gordyne gaan sak na elke vertoning, sal dit wees met die wete dat liefde, romanse en intrige nog nooit vantevore so op 'n Suid-Afrikaanse verhoog uitgespeel het nie.
Die storielyn is gegrond op die verhaal van Stefan, 'n atletiese tiener wat op soek is na die betekenis van ware liefde en nog moet leer dat daar baie oorloë kan wees op mens se liefdespad.
Hy ontmoet die nuwe meisie in die dorp, Jana, en raak dadelik verlief op hierdie 19-jarige skoonheid.
Maar niemand het ooit gesê om verlief te wees gaan maklik wees nie.
Die rol van Stefan word vertolk deur deur sanger an akteur Willem Botha, wat inderdaad uitblink op die verhoog. Botha wys sy staal as veelsydige akteur en sanger, deur treffer-na-treffer sonder moeite en met groot oortuiging af te lewer. Hy skitter in die hoofrol.
Die rol van Jana is toegeken aan Kristen Raath terwyl Sarah Theron die rol van Magda, Stefan se ma, vertolk.
Die res van die rolverdeling sluit name soos die sanger Lee Scott in, asook Reg Hart, Clint Lesch, Marco en Marcel Spaumer, Èmil Haarhoff, Zak Hendrikz en Weslee Lauder.
Show's Stories
-
VIDEO: Kolisi, Etzebeth and Du Plessis star in new ad
The sportsmen are not just great on the field or in the octogon.
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago -
ICYMI: Chef shares five things he to never eat at restaurant
If you find yourself looking at these items on the menu, you might want ...
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago