Afrikaans nogsteeds nie erken as inheemse SA taal
Updated | By Etienne Bruwer
Afrikaans word nogsteeds nie as 'n inheemse taal in Suid-Afrika gesien nie, maar dit mag binnekort verander.
![Blade Nzimande](https://turntable.kagiso.io/images/Screenshot_2023-03-01_at_07.00.11.width-800.png)
Dr Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het in 2020 'n nuwe beleidsraamwerk vir taalgebruik ingestel waarin slegs "Suid-Bantoetale" as inheemse Suid-Afrikaanse tale gesien word.
Volgens Maroela Media, is Afrikaans steeds nie, na twee jaar se debat oor die situasie, as 'n inheemse taal in Suid-Afrika ingestel nie.
KYK: Mel en Peet Viljoen vier huweliksherdenking
Dit is duidelik na Nzimande se antwoord op 'n vraag van die DA oor wanneer Afrikaans as 'n inheemse taal erken sal word en in die staatskoerant gepubliseer sal word.
"Mettertyd, waarskynlik in die eerste helfte van hierdie jaar," het die minister verduidelik.
KYK: Donnalee Roberts en Ivan Botha deel gróót nuus!
Volgens die minister diskrimineer die beleidsraamwerk vir taalgebruik in hoër onderwys nie teen Afrikaans as 'n inheemse taal nie.
Maroela Media het ook berig dat die minister in November 2022 gesê het dat Afrikaans as 'n inheemse taal in die staatskoerant gepubliseer sal word, maar daar is steeds niks gepubliseer nie.
Behalwe vir Afrikaans, word die Khoi- en San-taalfamilie ook as uitheemse tale in die taalbeleid geklasifiseer.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Croatia laughter museum aims to blow away the blues
A new museum of laughter is offering to put people through the spinner t...
The Drive with Rob & Roz 52 minutes ago -
VIDEO: Fog leads to massive accident involving 100 cars
It seems like something out of a movie.
The Drive with Rob & Roz an hour ago