KYK: Aktrise Simoné Pretorius deel eerste foto van 'perfekte' Jamie
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Aktrise Simoné Pretorius en haar man, Andries, se nuweling is uiteindelik hier!

Suid-Afrikaanse aktrise Simoné Pretorius en haar man, Andries Pretorius, het in Julie 2023 aangekondig dat hulle swanger is met hulle tweede baba.
Die 'Hartklop'-aktrise het in 'n plasing op Instagram gedeel dat hulle tweede kleinding in Januarie 2024 hier sal wees en James Andries Pretorius was net op tyd.
KYK: Mej. Wêreld Rolene Strauss deel geslag van baba
Die glanspaar het Woensdag die fantastiese nuus gedeel dat hulle nuwe babaseun, James Andries Pretorius, uiteindelik gebore is.
"Ons Jamie is hier en hy is perfek," het die aktrise op Instagram gekryf.
Pretorius het voor die geboorte van klein James ook meer gedeel oor haar miskraam wat sy in November 2022 gehad het en wat dit vir haar beteken dat sy nou 'n seun verwag.
LEES: Aktrise Simoné Pretorius deel tragiese nuus oor vorige swangerskap
"Iemand by die kerk het vir my die woord gegee dat God vir my 'n seun sal gee vir die pyn," vertel die aktrise.
Sy het eers nie geweet waarna die "pyn" verwys nie, maar daardie selfde dag het haar miskraam begin.
Die 'Binnelanders'-aktrise het toe verder vertel dat die 19de Julie 2023, die dag was wat hulle tweede baba gebore sou word, maar dit is ook die dag wat sy en haar man uitgevind het dat hulle 'n seun verwag.
In Mei 2021, het Simoné en haar man Andries 'n babadogtertjie ryker geword toe hulle eersteling, Harper, gebore is.
Baie geluk aan die pragtige gesin!
Só het Simoné vir Andries vertel sy is swanger:
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Show's Stories
-
Hilarious moment JHB husband reveals painting of wife
When you see yourself through the eyes of your spouse...
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago -
Get ready to roller skate at Rollercade Pretoria
Have you visited Menlyn Park's biggest and best roller-skating family ri...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 2 hours ago