KYK: Amor Vittone en Joost van der Westhuizen se dogter vier matriekafskeid

KYK: Amor Vittone en Joost van der Westhuizen se dogter vier matriekafskeid

Sangeres, Amor Vitonne, het 'n pragtige foto van haar en wyle Joost van der Westhuizen se dogter, Kylie, by haar matriekafskeid gedeel.

AMOR_VITTONE_EN_DOGTER
Instagram/ Amor Vittone

Die legendariese Bok-skrumskakel Joost van der Westhuizen is op 6 Februarie, 2017, o die ouderom van 45 dood na hy in 2011 met 'n motorneuronsiekte gediagnoseer is.

Van der Westhuizen se ontydige dood het Suid-Afrikaners in rou gedompel.

Moontlik die hartseerste deel van die legende se dood is dat hy twee jong kinders agter gelaat het, sy seun Jordan en sy dogter Kylie.

Kylie was slegs 10 toe haar pa oorlede is.

LEES: 'Vetkoekpaleis'-akteur se geliefde dogtertjie sterf

Sewe jaar na Van der Westhuizen se dood bly sy familie wel nog sterk en sy dood het nie sy kinders gekeer om steeds groot mylpale in hulle lewe te behaal nie.

Kylie, wie vanjaar haar 18de verjaarsdag gevier het, het die naweek ook haar matriekafskeid gevier.

Haar ma, sangeres en aktrise Amor Vittone het Saterdag 'n pragtige foto van haar dogter in 'n elegante rooi matriekafskeidrok gedeel.

"Mooie, Kylie. Jou Matriekafskeid vanaand. Ek kon nie meer trots wees nie," het Vittone op Facebook geskryf.

Die 'Voluit Lewe'-sanger het die voorsmaakie gedeel en aanhangers geterg dat "nog foto's op pad is".

Kylie is 'n leerder aan Dainfern College in Johannesburg.

Sy het ook op 7 Maart, die jaar, haar 18de verjaarsdag gevier.

KYK: Jan Bloukaas deel boodskap van hoop in emosionele video

Vittone het 'n hartroerende boodskap aan haar dogter op sosiale media opgedra.

"Kylie, gelukkige 18de verjaarsdag, my engel. Terwyl jy hierdie opwindende reis na volwassenheid aanpak, moet jy weet dat my liefde vir jou geen grense ken. Jy het in 'n ongelooflike vrou ontwikkel, en ek kan nie trotser wees nie," het sy gesê.

"Jy is slim, geestig, snaaks en so straatwys! Mag jou pad gevul wees met eindelose geleenthede, en volg altyd jou drome met moed en vasberadenheid. Hier is vir nog baie jare van lag, liefde en onvergeetlike herinneringe. Ek is lief vir jou, meer as wat woorde kan uitdruk." het Amor afgesluit.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram/ Amor Vittone

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories