Amor Vittone maak oop oor skok-operasie

Amor Vittone maak oop oor skok-operasie

Die bekende sangeres het aanhangers bedank vir hulle gebede nadat sy 'n operasie ondergaan het.

AMORE VITTONE NUUT
Verskaf/ kykNET

Amor Vittone het aanhangers op hol gehad nadat dit bekend gemaak is dat sy in die hospitaal opgeneem is vir 'n operasie.

Dit is later bekend gemaak dat sy 'n operasie aan haar blindederm moes kry nadat dit gebars het.

LEES: Bekende SA-sangeres se broer sterf

"Baie dankie vir al jul gebede en omgee. Sy sal nog tot die einde van die week in die hospitaal wees," is geskryf op haar Facebook-blad.

Vittone het ook gedeel dat dié operasie plaasgevind het nadat sy die vorige Sondagaand verkeerd gediagnoseer is.

"Soos sommige van julle dalk uit vorige plasings weet, het ek vroeg verlede week 'n operasie ondergaan vir 'n gebarste blindederm, nadat dit die vorige Sondagaand verkeerd gediagnoseer is.

LEES: Een baba sterf nadat tweeling 14 dae uit mekaar gebore is

"Dit was 'n paar rowwe dae, maar ek wil net dankie sê vir die ongelooflike uitstorting van wense, liefde, ondersteuning en omgee – ek waardeer dit opreg.

Ek is hoopvol dat ek môre [Dinsdag, 29 April] ontslaan sal word."

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Facebook 

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories