Ard Matthews se eerste Afrikaanse liedjie saam sy meisie
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Suid-Afrikaanse sanger Ard Matthews en sy meisie, die aktrise Tanya van Graan, vier hulle liefde met 'n splinternuwe enkelsnit 'Die Rede'.
Ard Matthews en Tanya van Graan het op Breakfast with Bester kom kuier om meer te deel oor hulle verhouding en die splinternuwe enkelsnit wat hulle saam vrygestel het.
Die verhaal van Ard Matthews en Tanya van Graan word gedefinieer deur die noodlot, gedeelde kreatiewe denke en `n diep verbintenis met mekaar.
Ard Matthews, 'n ikoniese figuur in Suid-Afrikaanse musiek met `n nalatenskap wat oor dekades strek, en Tanya van Graan, 'n bekende aktrise wie se vertolking in die huidige MNET trefferreeks 'Summertide', die publiek se verbeelding aangegryp het, is meer as 'n kragpaar, hulle is ook artistieke vennote wat 'n betekenisvolle verbintenis in mekaar gevind het.
KYK: Jan Bloukaas deel kankerstryd in dokumentêre reeks
Die nuwe Afrikaanse enkelsnit 'Die Rede' word op Vrydag 22 November uitgereik.
Ard het die liedjie 'n rukkie terug reeds geskryf, maar nooit daarby uitgekom om dit op te neem nie.
Toe hy en Tanya 'n paartjie word, was dit 'n natuurlike gevolg – en hy het haar oortuig om ook saam met hom op die liedjie te sing.
Ard vertel: "'Die Rede' simboliseer 'n diep konneksie tussen my en Tanya. Ek het dit nie destyds geweet nie, maar ek het die liedjie eintlik vir haar geskryf."
Dit is ook Ard Matthews se eerste Afrikaanse liedjie wat dit nog meer opwindend en betekenisvol maak.
Dié glanspaartjie se liefdesreis word gekenmerk deur serendipiteit en betekenisvolle oomblikke.
Tanya het die besluit geneem om haar deurslaggewende rol in die gewilde MNET reeks 'Summertide' te aanvaar terwyl sy op 'n spesifieke bankie by Houtbaai-strand gesit het, die einste bankie waar Ard elke oggend sy handdoek los terwyl hy in die yskoue see gaan swem.
KYK: 'Hartklop'-aktrise wéér swanger
Klein, dog diepgaande verbintenisse soos hierdie, het die weg gebaan vir hul paaie om te bly kruis op `n manier wat nie een van hulle kon voorsien het nie.
Saadjies van hul vennootskap was oral gesaai, nie net in `n onmiskenbare liefdesband nie, maar ook as mede-kreatiewe skeppers.
Ard Matthews is `n ikoniese solo kunstenaar en is ook die voorsanger vir die gewilde SA groep Just Jinjer.
Min mense weet dat sy pa, Andries Brits, Afrikaans was. Ard het hom eers op 17-jarige ouderdom ontmoet en het `n wonderlike band met hom gehad, tot Andries se heengaan in 2007. Ard vertel: "my pa het ook 'n musikale agtergrond gehad, dus is daar vir my 'n gevoel van trots en samehorigheid, met Tanya as my geliefde en die erfenis van waar my pa, en dus ek ook, vandaan kom."
Tanya se reis van grootskerm na alteljee weerspieël die natuurlike evolusie van haar kunstenaarskap.
LEES: Ontmoet 'Boer Soek 'n Vrou' se tweede gay boer
Sy geniet dit om saam met Ard te leef en te werk. "Ons samewerking is meer as net 'n projek, dit is 'n bewys en ontgunning van 'n liefde wat op die mees opregte en onverwagte maniere floreer. Dis asof ons persoonlike geskiedenisse en hoop vir die toekoms, soomloos in 'n gedeelde kreatiewe visie versmelt."
Die video van 'Die Rede' was 'n spontane verfilming van tyd wat Ard en Tanya saam spandeer, die meeste daarvan terwyl hulle in die motor ry en sing.
Kyk hier:
Tanya vertel: "Dis vir ons 'n organiese keuse, ons is nie net twee sangers wat saamwerk nie, ons is gelukkig saam en ons sing dit vir mekáár."
'Die Rede' is 'n ware liefdesverhaal.
Dit bring hoop en is 'n aansteeklike liedjie vir die somervakansie. Afrikaanse aanhangers van Ard Matthews gaan ook bly wees om die eiesoortige klank van Ard te herken, in hul mooiste taal.
Tune in to the 'Breakfast with Martin Bester', weekdays from 06:00 - 09:00. Stream the show live here or download our mobile app here.
Listen to Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Follow us on social media:
IMAGE: Verskaf
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
LISTEN: The best Rob and Roz interviews from 2024!
The Drive with Rob and Roz have been lucky to share the studio with some...
The Drive with Rob & Roz 1 day, 14 hours ago -
Dad went in to save the teddy but ended up sludge-faced
The silver lining in this scenario is that mud is said to be great for y...
The Workzone with Alex Jay 1 day, 15 hours ago