Bekende aktrise sterf in haar slaap
Updated | By Etienne Bruwer
Aktrise Franci Swanepoel is Saterdagaand op die ouderdom van 50 oorlede.
Aktrise Franci Swanepoel wat bekend is vir haar rol as Toeks Joubert in die bekende Afrikaanse-sepie, 'Binnerlanders', is na berigte Saterdag 15 Oktober in haar slaap oorlede.
Lindi Herbst, publisiteit spesialis vir MultiChoice het die skokkende nuus Sondagaand (16 Oktober) aan Jacaranda FM bevestig.
Friday Live: Jo Black sing akoestiese weergawe van sy treffer 'Sê My Mamma'
Aktrise Lizz Meiring het ook die nuus besvestig.
Die briljante en geliefde aktrise , tv , film en teater veteraan ( al was sy skaars 50) Franci Swanepoel is laasnag in haar slaap oorlede. Benewens haar uitsonderlike talent , klas en intelligensie was Franci ‘n besonderse mens. Warm, opreg, eerlik .Soveel omgegee vir ons bedryf pic.twitter.com/eL5RyfmtC3
— Lizz Meiring Official (@LizzMeiring) October 16, 2022
Daar is tans geen verdere besonderhede oor Swanepoel se afsterwe nie.
LEES: Clare Wiese-Wentzel deel opwindende nuus
Swanepoel was ook te sien in ander bekende sepies soos 'Getroud Met Rugby' en 'Spoorloos'. Sy was ook te sien as 'n aanbieder op Fiësta.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Try the official Drive with Rob and Roz cocktail!
This is what the Drive with Rob and Roz team taste like!
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago -
ICYMI: Netflix movie called "the worst Christmas film ever"
Apparently, the movie's popular cast couldn't even save it...
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago