Bekende internet-ster 'Kaas Bra' sterf

Bekende internet-ster 'Kaas Bra' sterf

Huldeblyke het ingestroom na die internetsensasie se dood op sosiale media aangekondig is…

KAAS_BRA_STERF
Facebook/ Skermgreep

Liaan van der Westhuizen beter bekend as 'Kaas Bra' se dood is Dinsdagoggend op sy Facebook-blad aangekondig.

Die grapjas van die Moot in Pretoria was bekend vir sy satiriese grappe, memes en video's wat hy op sosiale media gedeel het.

'Kaas Bra' het meer as 500,000 volgelinge op sy Facebook-blad gehad en het daagliks talle Suid-Afrikaners vermaak met sy satiriese inhoud.

KYK: Hannon gee oud-Springbok 'n nuwe 'Glam Guru'-voorkoms

Volgens Caxton Network News, was Van der Westhuizen die pa van twee jong kinders.

'n Aankondiging van sy afsterwe is Dinsdag op sy Facebook-blad gedeel:

"Dit is met 'n bitter seer hart om aan te kondig dat Ons Pa, Seun, Broer, vreugdebringer en vriend vanoggend oorlede is.

"Ons gebede is met sy familie en vriende, ons wil ook net baie dankie se aan elke follower vir julle jare se lojaliteit en ondersteuning, en dankbaar aan Kaasbra vir al sy jare dat hy Suid Afrikaners maak lag het.

"Rus in Vrede Kaasbra jy sal altyd in ons harte bly."

Na die aankondiging op Facebook het Stefan Steyn, wie volgens Maroela Media 'n nabye vriend van Liaan was, bevestig dat hy weens septisemie ná ʼn galblaasinfeksie oorlede is.

KYK: Janie Bay en Hunter Kennedy stel nuwe enkelsnit vry

"Al wat ek vra is dat ons gerespekteer word in hierdie baie moeilike tyd," het Steyn in die kommentaarafdeling geskryf. 

Aanghangers was geskok oor Van der Wetshuizen se afsterwe veral omdat hy slegs twee weke gelede 'n video gedeel het waar hy mense laat na dink het oor wie die langste by jou graf sal staan wanner jy dood gaan.

Kyk hier:

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Facebook/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories