Bekende Suid-Afrikaanse liedjieskrywer sterf

Bekende Suid-Afrikaanse liedjieskrywer sterf

Een van Suid-Afrika se bekendste liedjieskrywers, verantwoordelik vir van Demi Lee Moore, Kurt Darren en Bobby van Jaarsveld se gewildste treffers, is Saterdag oorlede.

JOHAN_OBERHOLZER_STERF
Facebook/ Skermgreep

Coleske Artists het Saterdag die hartseer nuus van die bekende liedjieskrywer Johan Oberholzer se afsterwe gedeel.

"Met diepe hartseer deel Coleske Artists die nuus van die afsterwe van Johan Oberholzer, een van Suid-Afrika se mees geliefde en invloedrykste liedjieskrywers."

KYK: Jong boerseuns praat isiXhosa in oulike video

Volgens die mediavrystelling wat op Facebook gedeel is, is Oberholzer aan natuurlike oorsake oorlede.

"Hy laat 'n merkwaardige nalatenskap in die musiekbedryf agter."

Die bekende liedjieskrywer is verantwoordelik vir van die grootste treffers in die geskiedenis van Afrikaanse musiek.

Liedjies soos 'Mis Eet Slaap Herhaal' deur Demi Lee Moore, 'Af en Af' deur Kurt Darren, 'Foto's' deur Dodo Nyoka, en 'My Alles' deur Bobby van Jaarsveld is almal deur Oberholzer geskryf.

KYK: Amor en Joost se seun vier 21ste verjaarsdag

Sy mees onlangse bydrae sluit in 'Nog Voor Ek Jou Geken Het' deur Laurika Rauch, wat tans op nommer drie op die Afrikaanse trefferparade van Apple Music is.

"Johan se musiek het die klank en identiteit van Afrikaanse musiek help vorm, en sy invloed sal vir altyd voortleef.

“Sy liedjies het nie net gehore betower nie, maar ook kunstenaars gehelp om hul eie stemme te vind en hul loopbane te bou.

"Hy was 'n bekroonde liedjieskrywer met talle toekennings en nominasies, en sy kreatiewe bydraes het hom 'n gerespekteerde naam in die Afrikaanse musiekbedryf gemaak.

"Sy werke het 'n diep en blywende impak gelaat, en sy melodieë en lirieke sal vir ewig voortleef in die harte van diegene wat sy werk liefgehad en bewonder het."

Dit was 'n hartseer dag vir sy familie en vriende, sowel as talle kunstenaars wie se lewens hy geraak het met sy talent.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Facebook/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories