Bobby van Jaarsveld deel opwindende nuus oor nuwe avontuur
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Die geliefde Bobby van Jaarsveld het onlangs op Breakfast with Martin Bester opwindende nuus gedeel.
![BOBBY_VAN_JAARSVELD_OP_BREAKFAST](https://turntable.kagiso.io/images/BOBBY_VAN_JAARSVELD_OP_BREAKFAST.width-800.png)
Die bekende Suid-Afrikaanse fliek 'Semi-Soet' is binnekort op die planke as 'n splinternuwe musiekblyspel.
Dertien jaar nadat die romantiese komedie Semi-Soet in 2012 in rolprentteaters begin draai het, kan teaterliefhebbers nou gereed maak vir die Afrikaanse teatergeleentheid van die jaar wanneer 'Semi-Soet – die musiekblyspel' in Mei op die planke kom in die AfriForum Teater.
Dié storie oor 'n selferkende werksverslaafde wat die advertensiemaatskappy waarvoor sy werk van ondergang wil red met ’n wilde, halsoorkop plan, kry vir die teaterproduksie 'n nuwe én musikale baadjie.
LEES: Hier is Nataniël se beste mode-raad vir mans en vroue
Anel Alexander vertolk, soos in die gelyknamige lokettreffer, weer die vroulike hoofrol as 'Jaci van Jaarsveld' en sal die vryersvoetpad, te midde van skreeusnaakse oomblikke, aandurf saam met haar manlike hoofrolspeler.
Die manlike hoofrol vir 'Semi-Soet – die musiekblyspel' was onbekend - tot nou…
Bobby van Jaarsveld het Dinsdag, 11 Februarie, op Breakfast with Martin Bester bekend gemaak dat hy 'JP' in die nuwe Semi-Soet musiekblyspel sal vertolk.
Van Jaarsveld het sy opgewondenheid oor die geleentheid gedeel en vertel dat hy geëerd is om die rol aan te pak.
Alexander, wat 22 jaar gelede haar eerste verhoogstuk as professionele aktrise op dieselfde verhoog (toe nog die Performer-teater) opgevoer het, sien daarna uit om terug te keer en 'Semi-Soet – die musiekblyspel' in die AfriForum Teater op te voer.
"Ek kan nie wag om hierdie geliefde storie in 'n ander formaat met gehore te deel nie. Dit is alles wat aanhangers van Semi-Soet verwag en méér," verduidelik Alexander.
KYK: Nuwe dokumentêr oor Afrikaanse TikTok-drama op pad
'Semi-Soet – die musiekblyspel' is 'n AfriForum-produksie en word in samewerking met Inhoud Huis Musiek aangebied.
Die draaiboek is gebaseer op die oorspronklike rolprent, geskryf deur Sandra Vaughn en Anel en James Alexander, met splinternuwe musiek uit die pen van Johan Vorster en Jacomien de Wet.
Jannes Erasmus gaan weer in die regisseurstoel sit.
Dié gesoute driemanskap het al verskeie treffermusiekteaterproduksies, insluitend Die Gelofte en Die Kaplyn, die lig laat sien.
"Wanneer jy die naam Semi-Soet hoor, kry jy outomaties 'n glimlag op jou gesig," verduidelik Vorster.
"AfriForum het dit weer eens moontlik gemaak dat ons "n ou gunsteling, dié keer in samewerking met Anel Alexander, kon omskep in ’n musiekblyspel met 'n sterbelaaide rolverdeling. Dis 'n groot voorreg om saam met Anel te werk en om nuwe lewe te blaas in 'n produk wat haar so na aan die hart lê. Ons sien baie uit na die publiek se reaksie op Semi-Soet – die musiekblyspel."
Kaartjieverkope open op Vrydag, 14 Februarie. Hou www.afriforumteater.co.za dop vir meer inligting.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Jacaranda FM
MORE FROM JACARANDA FM
Show's Stories
-
Man reminds us why you shouldn't braai while on the phone
Here's why talking on the phone while tending to a braai can be hazardous.
The Workzone with Alex Jay 3 hours ago -
Woman finds a knife inside her food
We doubt this was an elaborate assassination attempt – it was more likel...
The Workzone with Alex Jay 3 hours ago