Bok van Blerk deel spesiale boodskap met 80-jarige aanhanger
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Die Suid-Afrikaanse sanger, Bok van Blerk, het onlangs op Breakfast with Martin Bester se Friday Live kom kuier.
Bok van Blerk is 'n naam wat bekend is in elke huishouding in Suid-Afrika.
Met treffers soos 'De La Rey', 'Lemoene' en 'Hardekole' het hy een van die grootste kunstenaars in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf geword.
Van Blerk het Vrydag, 8 November, op Breakfast with Martin Bester kom kuier om sy treffer 'Koue Voete En Warm Liefde' op te tree.
Kyk hier:
Bok het ook 'n spesiale oomblik met een van sy grootste aanhangers, die 80-jarge Charlotte Barnard, gedeel.
Luister hier:
Bok van Blerk se splinternuwe album heet 'Ik Ben Een Afrikaander', en as die terugvoer wat die gelyknamige enkelsnit ontvang het met sy onlangse uitreiking in ag geneem word, is dit veilig om te sê die album is oorgehaal om 'n reusesukses te wees.
Na 'n lang wag, kan aanhangers nou uitsien na 'n vars klank en diepgaande lirieke wat net Bok kan lewer. Ons kan nie wag om die passie in Bok se musiek weer te ervaar nie.
KYK: Seun laat sosiale media gons met 'Lyfie'-danspassies
'Ik Ben Een Afrikaander' is 'n interessante album en bevat nege snitte, elkeen met 'n uiteenlopende tema.
Sommige van die snitte het 'n swaarder aanslag, soos 'Suiderkruis', 'Die windpomp' en 'Rebellie'.
Ligter snitte sluit in 'Ribbetjie', 'n duet met Bernice West, 'Planne en Petrol', 'Dis 'n trok' en 'Bring die gees'.
"Die album is tipies Bok van Blerk, ikoniese nommertjies, anthems , grapperige liedjies en lekker stories," sê die gewilde sanger wat al vir langer as twee dekades ʼn gunsteling onder Afrikaanse musiekliefhebbers is.
"Dis 'n oorwurm wat jou nie sal kan los as jy dit een keer gehoor het nie,' sê Bok.
Ons voorspel dat die meeste troues volgende jaar met 'Ribbetjie' gaan begin, aangesien dit die perfekte klankbaan is om die spesiale dag mee af te skop. Dit is die ideale keuse om die viering van 'n nuwe lewe saam te simboliseer en sal 'n wonderlike atmosfeer skep vir die begin van die beste troues.
'Suiderkruis' gaan oor 'n man wat in die veld is en na die sterre kyk en terug verlang huis toe.
Bok se vrou, Hanna, het vir hom die idee vir die liedjie gegee.
LUISTER: Kurt Darren gaan jou laat hop met splinternuwe enkelsnit
In 'Dis 'n trok', sê Bok 'n hond eet uit 'n bakkie en 'n man ry 'n trok. Dis iets wat Bok se pa altyd vir hom gesê het en wat hy altyd sal onthou.
Een van Bok se gunsteling liedjies op die album is 'Bring die gees'.
Dit is 'n liedjie wat jou laat goed voel: "Wie bring die gees na die partytjie toe? Die ou wat die lekker vibe bring, bring altyd die gees."
"Ek het lekker gewerk aan die album. Dit was veral lekker om saam met Johan Vorster te werk aan die album. Daar is ʼn lekker samewerking tussen ons as ons saam sit en skryf, want dangebeur die dinge."
Die liedjie, 'Die Afrikaner Maak So', wat in Januarie vrygestel het, weerspieël ongelooflike sukses.
Dis 'n liedjie wat die nasie verenig het met sy passievolle lirieke en aansteeklike ritme.
Hierdie enkelsnit het ook 'n 'Aitsa' toekenning verwerf.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Jacaranda FM
MORE FROM JACARANDA FM
Show's Stories
-
Ditch these bad habits for healthier skin in 2025
Some of these might be easier to get rid of than others...
The Drive with Rob & Roz 15 minutes ago -
SA comedian notices white woman with hair rollers on at mall
In South Africa, coloured women own the look of walking around in public...
The Workzone with Alex Jay 4 hours ago