Charlize Berg slaan asems weg met 'Take On Me'
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Die Suid-Afrikaanse sangeres Charlize Berg het haar weergawe van A-ha se 'Take On Me' op Friday Live gesing.

As jy van die beste talent in die wêreld soek, hoef jy nie verder as ons eie Suid-Afrika te kyk nie.
Dit het die sangeres Charlize Berg, Vrydag, 21 Februarie, op Breakfast with Martin Bester se Friday Live bewys.
KYK: Early B verras sy pa met 'n nuwe kar
Elke Vrydag op Jacaranda FM se Breakfast with Martin Bester nooi Martin Bester 'n plaaslike of internasionale kunstenaar om luisteraars te betower met 'n regstreekse optrede op die program.
Berg het Vrydag op die Friday Live-verhoog geklim en asems weggeslaan toe sy haar weergawe van A-ha se 'Take On Me' op Friday Live opgetree het.
Kyk hier:
Berg is ook terug met 'n splinternuwe enkelsnit, 'Hoogtyd!'
"Ek het 'Hoogtyd' geskryf om myself en ander te motiveer om voluit te lewe en om te onthou dat elke dag 'n geleentheid is om weer nuut te kan begin," sê Charlize.
KYK: 'Real Housewives' se Anita nou 20 kg ligter
'Hoogtyd' is 'n mid-tempo, luistervriendelike popliedjie met vars klanke.
Die nuwe enkelsnit is vanaf Vrydag 24 Januarie 2025 beskikbaar op alle platforms.
Kyk hier:
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Jacaranda FM
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
LOOK: Springbok engaged to high school sweetheart!
Love is in the air for another happy couple.
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago -
Hoekom eet ons pannekoek as dit reën?
Daar is niks lekkerder as pannekoek op 'n reënerige dag.
The Drive with Rob & Roz 12 hours ago