Die legendariese Dozi deel reis na gesonder lewe

Die legendariese Dozi deel reis na gesonder lewe

Die bekroonde sanger, Dozi het Vrydag openlik gesels oor sy liefdeslewe, sy verhouding met alkohol en sy reis na 'n gesonder leefstyl.

DOZI AND MARTIN BESTER
Jacaranda FM

Suid-Afrikaanse legende Dozi het Vrydag op Breakfast with Martin Bester oop gemaak oor sy reis na 'n gesonder leefstyl.

Die 'Ou Ryperd'-sanger het aan Martin Bester vertel dat hy nou op homself fokus en alhoewl hy nie heeltemal klaar is met verhoudings nie het hy besluit om sy verhoudings uit die publieke oog te hou. 

Dozi het gesê dat deel van die verandering in sy lewe was om van sy restaurant 'Dozi's Back to the Blues' ontslae te raak. 

Na 10 jaar se harde werk het hy besef dat hy weer wil optree en nie 'n besigheid bestuur nie. 

"Ek het lank uitgehou met dit. Vir 'n musikant om 'n besigheid te bestuur is harde werk... ons wil musiek maak," het hy gesê. 

Tydens die onderhoud het die 60-jarige ook vertel van die impak wat die bekende Theuns Jordaan se dood op hom gehad het. 

"Dit was 'n baie groot slag vir my," het hy gesê terwyl hy vertel het dat hy en Jordaan al van die 90s af vriende was. 

Volgens die sanger drink hy al vir die afgelope twee jaar glad nie meer alkohol nie. 

Luister hier: 

Die sanger het ook sy bekende lied 'Maybe My Baby' op Breakfast with Martin Bester se Friday Live opgetree.

Kyk hier:

As deel van sy terugkeer na musiek en optredes het Dozi ook sy nuutste enkelsnit 'Mooier As Die Donderweer' vrygestel.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Jacaranda FM

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories