Dis hoe jy deel kan wees van 'Die Brug'
Updated | By kykNET
kykNET se epiese realiteits-TV-uitdaging 'Die Brug' is terug vir 'n groter, selfs meer gewaagde tweede seisoen, en die inskrywings is tot 31 Augustus oop by kykNET.tv.
Iewers op 'n eiland met 'n toring staan nog 'n skatkis wat R1 miljoen kontant bevat. Die enigste manier om daarby uit te kom is om ’n brug te bou – en jou medebouers te oortuig om jou oor die brug te laat loop om die prysgeld op te eis.
kykNET se epiese realiteits-TV-uitdaging Die brug is terug vir ’n groter, selfs meer gewaagde tweede seisoen, en die inskrywings is tot 31 Augustus oop by kykNET.tv.
Die brug los 'n groep vreemdelinge in 'n afgeleë wildernis met een eenvoudige taak: bou 'n brug van die oewer na ’n eiland waar die prys van R1 miljoen wag, en dít binne minder as 20 dae.
KYK: Bekende akteurspaar deel opwindende nuus
Die spel gaan nie net oor die uitdaging om die brug te bou nie – dit gaan ook oor die toets van die spelers se sosiale vaardighede, morele, fisiese en geestelike krag en uithouvermoë in die aangesig van ’n prys wat hul lewens ingrypend kan verander. Hoe gaan hulle die klowe in hul eie lewens oorbrug en hul eie vooroordele bestuur om saam te werk vir sukses?
Wie sal die eerste wees om hul pad oor die brug na die prys te onderhandel – en sal hulle by die beloftes hou wat hulle gemaak het om daar uit te kom?
Kykers wat die boeiende eerste seisoen gevolg het, mag dink hulle het nou alles uitgepluis, maar in die tweede seisoen word die doelpale verskuif. Die spelers moet saamwerk om onstuimige waters oor te steek – waters wat hulle dikwels self vertroebel het – en baie onverwagse kinkels, verrassings en versoekings die hoof bied.
"Die brug is 'n wêreldwye fenomeen en was een van die gewildste realiteitsprogramme op kykNET verlede jaar. Ons is dus opgewonde om ons kykers op ’n tweede seisoen te trakteer," sê Waldimar Pelser, Kanaaldirekteur: Premium-kanale by die MultiChoice-groep.
"Die program het vinnig 'n fanatiese gevolg gekry, en ons het hard gewerk om seker te maak dat daardie getroue aanhangers beloon word – en dat die spelers in die tweede seisoen op hul tone bly."
Avril Albetti se benoeming vir Persoonlikheid van die Jaar by vanjaar se Silwerskermtoekennings vir Film en TV getuig van die sukses wat die eerste seisoen van Die brug behaal het, en wys dat dié program ook buite die wêreld van realiteits-TV ’n groot impak gemaak het.
LEES: Benoemings vir die 2024 Silwerskermtoekennings bekend
Die brug word deur Red Pepper Pictures vervaardig en sal vroeg in 2025 op kykNET uitgesaai word. Skryf in by kykNET.tv voor 31 Augustus as jy glo jy het wat dit verg om na die R1 miljoen oor die brug te stap.
Indien jy beplan om Liefde By Die Dam op 3 Augustus by die Emmerentia-dam in Johannesburg by te woon, kan jy daar jou beste gee en ’n oudisie vir seisoen 2 doen by die amptelike kykNET-oudisie-stalletjie vir Die brug S2.
Belangstellendes is welkom om beide aanlyn in te skryf en ’n kans te waag by Liefde By Die Dam.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: kykNET
MORE FROM JACARANDA FM
Show's Stories
-
Rare comet visible for first time in 160,000 years
If you want to spot this incredible sight you have to be quick, and shar...
The Drive with Rob & Roz 33 minutes ago -
Jamie Foxx shares what he saw during near-death experience
The actor and singer almost lost his life while working on his latest mo...
The Drive with Rob & Roz 41 minutes ago