KYK: Donnalee en Ivan deel lokprent vir senutergende riller
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Maak seker jy is gereed! 'Blindelings' gaan jou hare laat rys.

Die geliefde akteurspaar en filmmakers Ivan Botha en Donnalee Roberts het met hul groot lokettreffers, die romantiese avontuurfilms 'Pad na jou hart' en 'Vir altyd', derduisende Suid-Afrikaanse harte verower.
Hul jongste rolprent, 'Blindelings', mik weer reguit na ons hartkamers toe – maar dié keer jaag dit ’n angswekkende adrenalienskoot deur jou are wat gaan maak dat jy jou vingernaels verinneweer.
KYK: '7de Laan' se 'Bart' vier nuwe musiek op Breakfast with Martin Bester
Met 'Blindelings' wys Ivan en Donnalee hul slag in ’n nuwe genre: 'n senutergende sielkundige riller.

'Blindelings' plaas kykers in die skoene van ’n blinde pianis met sinestesie wat eers na ’n klavieruitvoering agter die verhoog ’n nagmerrie-ervaring het en later op ’n afgeleë plaas geteister word.
KYK: Zaan Sonnekus maak sy debuut op Friday Live
Donnalee lewer uitmuntende spel as die blinde René, en Ivan behartig die regie.
'Blindelings' wys op Donderdag 24 Augustus om 20:00 by die fees en sal vanaf 29 September op DStv BoxOffice te siene wees.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Chewing gum releases microplastics into mouth: researchers
Chewing gum releases hundreds of tiny plastic pieces straight into peopl...
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago -
WATCH: White men dance next to taxi playing Amapiano
South Africans have been delighted to see this group of men showing off ...
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago