Droomsindroom 'Dans Alleen' met nuwe dans treffer
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Broer-duo Kirsten en Kyle van Droomsindroom het hulle dans skoene aangetrek vir hulle nuutste enkelsnit 'Dans Alleen'.
Suid-Afrika se gunsteling broer-duo is terug met nuwe musiek!
Om hulle nuutste enkelsnit 'Dans Alleen' behoorlik te vier het Kirsten en Kyle hulle weergawe van Harry Styles se 'As It Was' op Breakfast with Martin Bester se Friday Live opgetree.
Kyk hier:
Met hulle eerste vrystelling in 2022 het Droomsindroom die land betower met hulle liedjie 'Hey Sonneblom'.
Sedert 'Hey Sonneblom' se vrystelling het die broers die land wyd-en-suid getoer en ook n draai in Amsterdam en Dubai gaan maak.
KYK: Eben Etzebeth deel groot nuus na Wêreldbeker-eindstryd!
Tussen deur hulle besige skedules het hulle wel tyd gemaak vir hulle eerste album genaamd 'Aansteeklik' wat vyf snitte bevat het, onder andere 'Kopskud Rewolusie' wat hulle saam Suid-Afrikaanse musiekgroep Spoegwolf vrygestel het.
Díe enkelsnit is vir 'n Aitsa toekenning benoem.
Verdere enkelsnitte is ook vrygestel soos 'As die werêld net groter was' saam met Van Pletzen. Peach van Pletzen was ook hulle vervaardiger van die nuwe lied 'Dans Alleen'.
KYK: SA bekendes sing 'Lisa Se Klavier' op Jacaranda FM
Alhoewel 'Dans Alleen' 'n dans treffer is, bly Droomsindroom binne hulle bekende klanke maar voeg net n vinnige lekker dans komponent by.
Droomsindroom stel vroeg 2024 hulle volgende EP bekend wat ‘n hele paar verrassings bevat.
'Dans Alleen' is hulle vroeë Kersgeskenk aan almal wat wil luister.
Kyk hier:
Tune in to the 'Breakfast with Martin Bester', weekdays from 06:00 - 09:00. Stream the show live here or download our mobile app here.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Another massive sinkhole expanding in Centurion
Motorists have been warned to avoid Second Avenue in Laudium, Centurion,...
Breakfast with Martin Bester 37 minutes ago -
WATCH: Adorable baby rhino 'speaks' in viral video
A video of a baby black rhino 'speaking' has garnered almost 1 million v...
Breakfast with Martin Bester an hour ago