Een baba sterf nadat tweeling 14 dae uit mekaar gebore is
Updated | By Breakfast with Martin Bester
'n Vrou het in twee aparte hospitale, in twee verskillende provinsies, 14 dae uit mekaar geboorte gegee aan haar tweelingseuns.

Die unieke verskynsel waar 'n Noord-Kaapse vrou 14 dae uit mekaar aan 'n tweeling geboorte geskenk het, het talle aan die gons gehad.
Volgens Netwerk24 is die tweeling in twee aparte hospitale, in twee provinsies, gebore.
Meer inligting oor dié seldsame verskynsel sou Maandag by die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein bespreek word tydens 'n mediakonferensie.
KYK: Pretoria-inwoners neem aksie teen slaggate
Ongelukkig is dié konferensie gekanselleer nadat een van die boeties oorlede is.
Die Vrystaatse gesondheidsdepartement berig dat die vrou op 27 Maart in 'n hospitaal in Kuruman geboorte geskenk het, en toe weer op 10 April in die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein.
Daar is verder geen ander inligting vanaf die Noord-Kaapse en Vrystaatse gesondheidsdepartemente beskikbaar nie.
Netwerk24 berig dat hulle wel navrae aan dié departemente gestuur het.
Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, het gesê inligting oor die saak kan nie binne ’n dag gekommunikeer word nie.
Lulu Mxekezo, woordvoerder van die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement, kon ook geen kommentaar lewer nie.
Netwerk24 het met 'n mediese dokter, wat verkies het om anoniem te bly, oor die saak gepraat.
KYK: Voormalige Mej. SA kuier by president Trump
Volgens dié dokter is dit wel moontlik, alhoewel dit 'n baie seldsame verskynsel is.
Hy vertel dat die vrou moontlik aan mediese nalatigheid blootgestel is, vir die tweede baba om só lank onopgemerk te bly.
"Dit is ook belangrik om daarop te let dat dié vrou slegs ontslaan kon word indien haar baarmoeder goed saamgetrek het – iets wat net ná geboorte kan gebeur. Indien nie, is dit 'n duidelike aanduiding dat daar moontlik sprake van mediese nalatigheid was," het hy gesê.
Die ma was nog nie gereed om met die media te praat nie.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO:
MORE FROM JACARANDA FM
Show's Stories
-
Boss explains salt and pepper test used in job interviews
Would you pass the test?
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago -
Study reveals which country is the most playful
The Mattel study took insights from over 33,000 participants from South ...
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago