Eienaar van verlore diamant-trouring gevind

Eienaar van verlore diamant-trouring gevind

Die eienaar van 'n verlore diamant-trouring wat by Checkers in Waverley opgetel is, het uiteindelik hulle ring terug... 

LYDIA VAN DER KOOY EN DALEEN TALJAARD
Lydia van der Kooy/ Facebook

Nadat Lydia van der Kooy op 29 Junie 'n diamant-trouring by die Checkers in Waverley opgetel het is die ring nou uiteindelik terug by sy regmatige eienaar. 

Kooy het glo op die 29ste, haar verjaarsdag, uit haar kar uit geklim en iets blink op die parkeerterrein gewaar.

"Toe ek dit optel, sien ek dit is 'n pragtige trouring," het sy gesê.

LEES: Benoemings vir die 2024 Silwerskermtoekennings bekend

Die sosialemediabeampte by Sol-Tech het glo mense in die parkeerterrein begin vra of die trouring aan hulle behoort, maar kon nie die eienaar opspoor nie.

In 'n plasing op Facebook het Lydia aangekondig dat sy die eienaar van die ring uiteindelik gekry het. 

"Daleen Taljaard het vanoggend vroeg vir my 'n e-pos met 'n foto gestuur en gehoop dat dit haar ring was," het sy geskryf. 

"Vanmiddag kon ek by dieselfde Checkers die ring veilig in haar hande sit. Wat ‘n voorreg is dit nie om deel van die storie te kon wees nie."

"Diep binne my is daar steeds 'n ses-jarige dogtertjie wat, ten spyte van die harde werklikheid van verval, diefstal, bedrog, hartseer ens. steeds bly glo in gelukkige eindes."

LEES: Is jy op soek na 'n verlore diamant-trouring in die Moot?

Volgens Maroela Media het Taljaard, wat in Desember 26 jaar met haar man Matt getroud sal wees, by haar vriendin en kollega gehoor dat daar 'n verlore ring opgetel is. 

"Ek het vir haar vertel ek het my ring verloor en toe vertel sy vir my sy het gelees van ʼn ring wat opgetel is," sê Taljaard.

"Ek was skoon in 'n bewerasie toe ek na Lydia toe moes gaan," het sy gesê nadat haar ring weer terug op haar linkerfvinger was. 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Lydia van der Kooy/ Facebook

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories