"Ek was dood": Sanger deel gesondheidstryd op sosiale media

"Ek was dood": Sanger deel gesondheidstryd op sosiale media

Suid-Afrikaanse sanger Rudi Claase het onlangs 'n video op sosiale media gedeel waar hy bevestig het dat hy vir 'n rukkie dood was voor dokters hom weer aan die lewe gekry het.

RUDIE CLAASE FACEBOOK
Facebook/ Skermgreep

Sedert 10 Mei deel die sanger Rudi Claase gereelde video's op sosiale media waar hy aanhangers ingelig hou oor sy huidige gesondheidstryd.

In 'n meer onlangse video het Claase 'n skrikwekkende ervaring gedeel waar hy bevestig het dat hy wel dood gegaan het.

KYK: Mej. Wêreld Rolene Strauss verwelkom nuwe baba

"Ja. Ek was DOOD," het Claase op sy Facebook-plasing gekryf waarin hy sy ervarig gedeel het.

"Ten spyte daarvan dat daar selfs mense was wat my dood gewens het, het ek dood gegaan gister oggend en al wat ek vir julle kan sê is: hulle het my teruggekry. Dis nie my tyd nie."

Kyk hier:

Volgens sy vrou Suzette Claase het die sanger op 28 Mei 'n operasie ondergaan.

Hy het op 29 Mei 'n video gedeel en slegs 'n uur daarna het sy hart as gevolg van 'n allergiese reaksie gaan staan.

Suzette het in 'n plasing op Rudi se Facebook die skirkwekkende insident gedeel.

KYK: 'Baie siek' sanger deel stryd op sosiale media

In haar plasing skryf sy dat die ongelooflike personeel in die intensiewe sorgeenheid daarin geslaag het om hom terug aan die lewe te kry. 

"Dit het ongelukkig veroorsaak dat sy wond begin bloei het, en hy is dadelik vir 'n operasie gevat om seker te maak dat alles in orde is."

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Facebook/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories