KYK: Elandré sing sy weergawe van die bekende 'Achy Breaky Heart'

KYK: Elandré sing sy weergawe van die bekende 'Achy Breaky Heart'

Dis geliefde Suid-Afrikaanse-sanger Elandré het nuwe lewe aan die ikoniese lied 'Achy Breaky Heart' gebring.

ELANDRE_GLIMLAG
Jacaranda FM

Sodra die bekende woorde "don’t break my heart, my achy breaky hart" begin speel is jy gewaarborg dat meeste mense gaan begin saam sing.

Op Vrydag, 13 September, het die geliefde Elandré nuwe asem in díe ikoniese lied ingeblaas en sy weergawe van die treffer aan Breakfast with Martin Bester se luisteraars gebring.

KYK: Loufi debuts brand-new single on Friday Live

Kyk Elandré se Friday Live-optrede van 'Achy Breaky Heart' hier:

Tydens sy kuier op Breakfast with Martin Bester het die 'Vuur Op Die Water'-sanger ook gepraat oor vanjaar se 'Francois van Coke & Vriende'-konsert.

Kyk hier:

'Francois van Coke & Vriende' is terug. Groter en beter as ooit tevore.

Suid-Afrika se grootste arena rock show, Francois van Coke & Vriende 2024, sien vir die vyfde keer SunBet, Time Square (Pretoria) se verhoog op Vrydag, 4 Oktober.

Wat maak 'Francois van Coke & Vriende' uniek en die grootste aand in SA Rock? Die feit dat al die Vriende op die program al saam met Francois gewerk het en musiek saam met hom vrygestel het.

KYK: Francois van Coke performs 'Die Wêreld Is Mal' on Friday Live

Karen Zoid is weer terug sedert haar verskyning by die heel eerste 'Francois van Coke & Vriende'-konsert in 2018.

En, wanneer was die laaste keer wat jy Karen en Francois 'Toe Vind Ek Jou’ sien saam sing het in 'n arena? 

2024 se Vriende is:

  • Die Heuwels Fantasties
  • Early B 
  • Elandré
  • Fokofpolisiekar
  • Hunter Kennedy
  • Jack Parow
  • Karen Zoid
  • Neon Dreams
  • Spoegwolf
  • Tasché

Hierdie 120-minute rock skouspel word gedryf deur Francois se band, Die Gevaar. 

Aangebied deur AMP Events in vennootskap met Castle Light, Lift en Jacaranda FM 94.2

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Jacaranda FM

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories