Geliefde 'Fynskrif'-aktrise sterf
Updated | By Jacaranda FM
Die bekroonde aktrise, Crystal-Donna Roberts, 41, is Donderdagoggend oorlede.

Die aktrise, Crystal-Donna Roberts, wat was bekend is vir haar rolle in 'Krotoa', 'Fynskrif', en 'Arendsvlei', is Donderdagoggend oorlede.
Sy het na 'n moedige stryd teen kanker gesterf.
Haar man, Schalk Cornelessen, het die hartseer nuus op sosiale media gedeel.
KYK: Mej. SA se emosionele stryd met geboorte van babadogter
Volgens Netwerk24, is Roberts rustig in haar slaap oorlede.
"My hart is gebreek, maar sy was rustig toe sy gaan. Ek weet haar pyn is verby. Sy is by God, vry van pyn," het Cornelessen aan Netwerk24 gesê.
Cornelessen en Roberts is sedert 2015 getroud.
Entrepreneur, TV persoonlikheid, en vriendin, Ingrid Jones, het ook die hartseer nuus op sosiale media gedeel.
"Ons almal is hart gebroke," het sy op sosiale media geskryf.
In 2019, het Roberts op die geselsprogram, 'Tussen Ons', vertel borskanker is by haar gediagnoseer en moes behandeling ondergaan.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Schalk Cornelessen
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Zuckerberg could be saying goodbye to Instagram and WhatsApp
The biggest celebrity break-up of 2025? Mark Zuckerberg and Meta.
The Drive with Rob & Roz 7 hours ago -
LOOK: Zoë Brown shows off beautiful twin boys
The new mom has shared more about her pregnancy journey, birth, and move...
The Drive with Rob & Roz 9 hours ago