Hierdie is die Suid-Afrikaanse stad wat die meeste vloek

Hierdie is die Suid-Afrikaanse stad wat die meeste vloek

Díe Suid-Afrikaanse stad het ook tweede gekom op die lys van stede wat die meeste vloek in Afrika.

A general view of Johannesburg skyline
OLYMPIA DE MAISMONT / AFP

'n Onlangse studie het gevind dat die inwoners van Johannesburg die stad is wat die meeste vloek in Suid-Afrika.

Die Stad van Goud is ook tweede geplaas op die lys van Afrika-stede wat die meeste vloek.

Lagos in Nigerië is aangewys as die stad in Afrika wat die meeste vloek. Na Johannesburg volg Akkra in Ghana, dan Nairobi in Kenia, en vyfde is Ibadan in Nigerië.

Kyk hier:

TOP FIVE AFRICAN CITIES SWEARING
WordTips

Die data is saamgestel deur WordTips, 'n omvattende aanlyn hulpbron wat gebruikers help om hul taalhorisonne te verbreed.

LEES: Potch se bekende Bourbons sluit finaal sy deure

Die aanlyn hulpbron het 1,7-miljoen Engelse X-plasings met geografiese metadata ontleed teenoor 'n lys van 1600 Engelse vloekwoorde en hul variasies.

Volgens die ontleding het 'n gemiddeld van 19,8 per 1000 plasings op X wat uit Johannesburg kom, vloekwoorde in gehad.

Volgens Netwerk24 is die opnames gefiltreer om slegs een plasing per gebruiker in ag te neem.

Woorde wat toe met vloekwoorde verwar kon word, is later met die hand verwyder.

Soos bo aangewys, het 21,8 plasings per 1000 in Lagos vloekwoorde ingehad.

KYK: Kan jy vriende bly met jou ekse?

WordTips het ook die lande wat die meeste vloek ter wêreld uitgewys sowel as die top-vyf stede op elke vasteland.

Die top 10 lande wat die meeste vloek:

COUNTRIES THAT SWEAR THE MOST
WordTips

Die top stede van elke vasteland wat die meeste vloek:

CITIES THAT SWEAR THE MOST
WordTips

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: AFP

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories