Hierdie unieke soektog na trou-'dates' steeds aan die gang
Updated | By Etienne Bruwer
Ons vind uit of Marunelle Hitge en haar vriendin Janke Mulder suksesvol was in hulle soeke na metgeselle vir 'n troue!
Janke Mulder (26) en Marunelle Hitge (27) het onlangs 'n advertensie op Facebook geplaas, opsoek na metgeselle vir 'n troue in November.
Hitge, 'n prokereur van Mbombela en Mulder 'n lektor in Afrikaans in Pretoria het besluit om seker te maak dat hulle nie wèèr sonder metgeselle na 'n troue toe gaan nie.
READ: Martin Bester kry trou-'dates' vir dié twee vriendinne
Die advertensie-plasing het presies uiteengesit waaraan hierdie metgeselle moet voldoen en 'boerseuns' kry glo pluspunte as hulle aansoek doen.
Daar is ook 'n skakel na 'n aanlyn aansoekvorm ingesluit. Die aansoekvorm sluit vrae in soos: Kan jy sokkie? Skryf jou beste pick-up line hier neer en Bier of Brannewyn?
Die plasing het gou versprei regoor sosiale media en Donderdag 7 September het hulle in 'n onderhoud met Martin Bester alles gedeel oor die plasing wat Suid-Afrika laat gons het.
KYK: Ontmoet die ses vroue van 'Die Real Housewives van Pretoria'
Martin Bester en die span het die twee vriendinne gehelp om metgeselle te kry vir die troue.
Donderdag 15 September het ons opgevolg met die vriendinne om te hoor of die gekose metgeselle hulle wel sal vergesel na die troue toe.
Janke Mulder is steeds opsoek na haar metgesel.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
LUISTER: Rasistiese WhatsApp-stemnota skok SA
'n WhatsApp-stemnota waarin 'n vrou rasistiese uitlatings maak, het groo...
Breakfast with Martin Bester 35 minutes ago -
Soborno Bari, the first 12-year-old to attend NYU
Asian-American Soborno Isaac Bari is a child prodigy and hopes to become...
The Workzone with Alex Jay 1 day, 21 hours ago