Hierdie vier skole in die Moot laat nie selfone toe nie
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Dink jy skole moet selfoongebruik verbied?
Daar is 'n eindelose debat oor die gebruik van selfone by skole.
Vir sommiges is dit belangrik dat hulle kinders selfone by die skool het om vinnig te kan kommunikeer, waar ander ouers saamstem dat selfone verbied moet word.
Vier skole in die Moot in Pretoria het hulle standpunt duidelik gemaak deur 'n selfoonvrye omgewing te skep.
Dié vier skole sluit in Hoër Tegniese Skool John Vorster, die Gereformeerde Skool Dirk Postma, Hoërskool Oos-Moot en Hoërskool Wonderboom.
LEES: Bobby van Jaarsveld en sy vrou skei
Volgens Pretoria Rekord het al vier hierdie skole onlangs kennisgewings aan ouers gestuur oor die plan om selfoongebruik te verbied.
Hoërskool Oos-Moot het glo op 11 September aangekondig dat die skool teen 1 Oktober 'n selfoonvrye beleid sal implementeer.
"Aandagafleibaarheid, die gebrek aan persoonlike interaksie, en die verspreiding van onbehoorlike inhoud is onder die redes waarom ons hierdie besluit geneem het," het Susan Theron, toesighoudende skoolhoof, gesê.
Die Gereformeerde Skool Dirk Postma sal vanaf 1 Januarie 2025 ook selfoonvry wees.
Volgens die skoolhoof, Saskia Meijer, is dié besluit geneem nadat Dr. Anke de Beer, medeskrywer van 'The Digital Dilemma', 'n aanbieding by die skool gedoen het.
"Ons besef dat tegnologie 'n integrale deel van die lewe is, maar tieners raak te afhanklik daarvan," sê Meijer.
LEES: SA sangeres se ma sterf
Pretoria Rekord berig dat laerskoolleerders by dié skool hul selfone soggens by die kantoor moet inhandig.
Graad 8- en 9-leerders moet hul fone in toesluitkaste bêre, en graad 10- tot 12-leerders mag hul selfone hou, maar dit afgeskakel hou.
Op 18 November het Hoër Tegniese Skool John Vorster hul kennisgewing van 'n selfoonvrye leeromgewing aan ouers gestuur.
"Hierdie besluit is met deeglike oorweging en insette van die beheerliggaam geneem. Ons doel is om leerders se akademiese vordering en welstand te bevorder," sê skoolhoof Antoinette Dowd.
Marius Lezar, skoolhoof van Hoërskool Wonderboom, het verduidelik dat sy skool ook dié besluit geneem het, aangesien daar talle studies is wat aandui dat oormatige selfoongebruik kan lei tot hoë vlakke van angs, verminderde selfbeeld en gevoelens van eensaamheid.
"Waarom veroorsaak selfone ’n afname in leerders se punte ten spyte van die oënskynlike voordele wat dit kan hê in die klaskamer?
"Die mees algemene gevolgtrekking wat navorsers maak, is dat leerders hul vermoë om te kan multi-taak oorskat. Verder neem die omskakeling van een taak na 'n volgende tyd, moeite en energie. Die sogenaamde ‘multi-tasking’ is onteenseglik as ’n mite bewys," sê Lezar.
"Dit is nie vir kinders moontlik om ten volle betrokke te raak by klaskameronderrig, hul huiswerk of hersiening wanneer hul foon op bystand langs hulle is nie. Die blote teenwoordigheid daarvan is genoeg om hul aandag af te lei," verduidelik Lezar.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Instagram/ Skermgreep
Show's Stories
-
Alternative to keeping cool this New Year's Day
With South Africans, there is always a solution...
The Workzone with Alex Jay 3 hours ago -
Three waterparks to visit in Gauteng
What better way to celebrate the New Year than by visiting a waterpark w...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 20 hours ago