Hollywood-ster dra Gert-Johan Coetzee rok op rooitapyt
Updated | By Etienne Bruwer
Amerikaanse-sanger Chloe Bailey het ‘n oorspronklike Gert-Johan Coetzee rok by die ‘The Little Mermaid’ bekendstelling gedra.

Suid-Afrikaners kan weereens trots wees om die stempel wat ons ontwerpers op die buitewêreld los!
Bekendes van reg oor die wêreld het Maandag 8 Mei die bekendstelling van ‘The Little Mermaid’ in Los Angeles bygewoon.
Een van díe sterre was natuurlik ook Halle Bailey wat die rol van Ariel in die nuwe fliek vertolk.
KYK: Jacques Kallis deel pragtige foto’s van babadogter
Bailey se ouer suster Chloe Bailey was ook by die bekendstelling om haar kleinsus te ondersteun en sy het behoorlik koppe laat draai toe sy met ‘n oorspronklike Gert-Johan Coetzee rok op Disney se bloutapyt gestap het.
Die Suid-Afrikaanse ontwerper het ‘n foto op sosiale media gedeel waar Bailey in ‘n geel rok van sy ‘Following The Sun’ reeks staan.
Bailey was wel nie die eerste bekende om hierdie asemrowende rok te dra nie.
KYK: Man gebruik slinkse manier om kar te steel by Centurion-karwas
Suid-Afrika se eie Bonang Matheba het díe uitrusting by die 2022 ‘Standard Bank Top Woman Awards’ gedra waar sy ook asems weggeslaan het.
Coetzee is geen vreemdeling as dit kom by bekendes nie. Sy werk is al deur vele Suid-Afrikaanse sterre sowel as internasionale sterre soos Cardi B, Lizzo, Laura Govan en Aaron Holliday gedra.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Man sees a biker with a spider on his back in traffic
Yeah, surely this is not something that they tell you when they are mark...
The Workzone with Alex Jay 13 hours ago -
World of Golf: SA's leading golf and family leisure park
Whether you're a beginner looking to take your first swing, an experienc...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 13 hours ago