KYK: Jan Bloukaas deel boodskap van hoop in emosionele video

KYK: Jan Bloukaas deel boodskap van hoop in emosionele video

Die Suid-Afrikaanse musikant Jan Bloukaas, wat al vir twee jaar sy stryd met kanker op sosiale media deel, het onlangs 'n boodskap van hoop met sy aanhangers gedeel.

JEAN_DU_PLESSIS_FACEBOOK
Facebook/ Jan Bloukaas

Jean du Plessis, meer bekend as Jan Bloukaas het in September 2022 op 'n Instagram-video aangekondig dat hy met breinkanker gediagnoseer is. 

Vanaf sy eerste plasing deel die 'Kaas Elke Dag'-sanger sy ervaring met kankerbehandeling met sy aanghangers.

KYK: "Hoeveel tyd is daar nog oor?" - Jan Bloukaas deel skoknuus

Ten spyte daarvan dat die sanger in 2023 aangekoding het dat sy kanker gerkimp het, het 2024 nuwe struikelblokke op sy pad gelaat.

Kyk hier:

Die kletsrymer het in 'n nuwe video op Facebook 'n boodskap van hoop met sy aanhangers gedeel.

Du Plessis het begin deur sy aanhangers te badank vir hulle ondersteuning en bystand tydens sy tweejaar-lange kankerstryd.

"Of ek gaan beter raak en gesond raak, of ek gaan dood gaan en hemel toe gaan, waar ek altyd moes wees," het hy in die video gesê.

"Daar is nie 'n verloor met Jesus Christus nie," het hy bygevoeg.

LEES: Jo Black deel meer oor Dricus du Plessis se wen-oomblik

Alhoewel die video oor positiwiteit en hoop gegaan het, het die 'Sweef'-sanger ook oop gemaak oor die kanker se impak op sy liggaam.

"Ek kan nie eintlik meer lees nie, my IK het so bietjie gehalfeer," het hy gesê.

"Ek's nogsteeds baie slim, moenie my verkeerd verstaan nie. Moenie teen my skaak kom speel nie," het hy gegrap.

Du Plessis het ook bygevoeg dat een van sy hande nie meer 'so lekker werk nie'.

Kyk hier:

In Junie het die sanger die nuus gedeel dat selfs na gereelde chemoterapiebehandeling is die kanker in sy breinstam nogsteeds besig om te groei.

Alhoewel hy hierdie jaar wou "groot gaan met liedjies skryf en toer" sal hy dit ongelukkig nie meer kan doen nie.

"Ek het vir die dokter reguit gevra: 'hoor hier man, hoveel tyd is daar nog oor?'," het Du Plessis gesê.

"Die dokter het gesê dat omdat my kanker op so verskriklike moeilike plek sit, dit sit mos in die middle van my breinstam, is dit regtig moeilik om te sê wat gaan gebeur."

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Facebook/ Jan Bloukaas

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories