Jan Bloukaas sterf
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Die hartseer nuus van Jan Bloukaas se afsterwe is Woensdag op sosiale media gedeel.
Na 'n tweejaar stryd met kanker is die musikant Jan Bloukaas Woensdag, 3 Desember, na sy "hemelse huis" toe.
Dié hartseer nuus is Donderdag op sy amptelike Facebook-blad gedeel.
"Dit is met groot hartseer dat ons met julle nuus meedeel dat Jan Bloukaas, Jean du Plessis - gisteraand na sy Hemelse huis is."
KYK: Jan Bloukaas deel kankerstryd in dokumentêre reeks
"Sy helder lag, liefde, veg krag en omgee vir ander los ń leemte by ons. Die familie en naasbestaandes bedank elk een vir hulle gebede, ondersteuning en vra vir privaatheid in die tyd.
"Sy musiek leef voort en sy stem sal altyd by ons bly. Ons gaan jou mis maar weet jy is jou waar jy moet wees."
Jean se afsterwe kom slegs vyf dae ná sy laaste album 'God Kan' vrygestel is.
Suid-Afrikaners staan al sedert 2022 bankvas agter Jean du Plessis, beter bekend as Jan Bloukaas, nadat hy in 'n Instagram-video aangekondig het dat hy met breinkanker gediagnoseer is.
Du Plessis het sy stryd met kanker op sosiale media gedokumenteer en gereeld verwikkelinge in sy reis met aanhangers gedeel.
KYK: "Klein Dirk van der Westhuizen" laat SA gons
In Junie het die sanger aangekondig dat, selfs ná gereelde chemoterapie-behandelings, die kanker in sy breinstam steeds groei.
"Ek het vir die dokter reguit gevra: 'Hoor hier, man, hoeveel tyd is daar nog oor?'" het Du Plessis gesê.
"Die dokter het gesê dat, omdat my kanker op so 'n verskriklike moeilike plek sit – dit is mos in die middel van my breinstam – dit regtig moeilik is om te sê wat gaan gebeur."
Ten spyte daarvan dat sy gesondheid sedertdien baie versleg het, het die 'Sweef'-sanger besluit om nog een laaste album te maak.
Daar is vroeër vanjaar 'n BackaBuddy-veldtog geloods om hierdie droom 'n werklikheid te maak. Danksy hierdie veldtog kon Du Plessis uiteindelik sy laaste album opneem.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Facebook/ Jan Bloukaas
MORE FROM JACARANDA FM
Show's Stories
-
Five Feng Shui practices to use in your home
Feng Shui is an ancient Chinese practice that focuses on harmonising ind...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 8 minutes ago -
Screen time from the eyes of a parent and a child
"One of the things the kids mentioned was that their father and I were a...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 9 minutes ago