Jo Black deel meer oor Dricus du Plessis se wen-oomblik

Jo Black deel meer oor Dricus du Plessis se wen-oomblik

Breakfast with Martin Bester het Vrydag met sanger Jo Black gesels oor Dricus du Plessis se wen-oomblik by UFC 305.

JO_BLACK_PERTH
Instagram/ Jo Black

UFC-kampioen Dricus du Plessis het Sondag die hele wêreld aan die praat gehad nadat hy daarin geslaag het om sy titel te verdedig tydens sy lang verwagte geveg teen sy mededinger Israel Adesanya.

KYK: Dricus du Plessis and Adesanya share heartwarming moment after fight

Voor die geveg het baie spanning tussen 'Stillknocks' en Adesanya opgebou veral in die media. Dit het die een geveg geword wat alle UFC-aanhangers gewag het om te sien.

Uiteindelik op Sondag, 18 Augustus het Du Plessis daarin geslaag om sy titel as UFC-kampioen te behou nadat hy teen Adesanya gewen het. 

Tydens sy tyd in Perth, Australia was daar toevallig vele ander Suid-Afrikaanse bekendes daar oom Du Plessis te ondersteun.

VIDEO: Dricus du Plessis' drink allegedly spiked with brandy during interview

Deel van die bekende ondersteuners was die hele Springbok-span wat díe naweek in Australia was vir hulle wedstryd teen die Wallabies waar hulle 30-12 gewen het.

Ander bekendes wat ook daar was hom hulle ondersteuning te wys was sangers Jo Black en Ricus Nel en Rikus 'Radioraps' de Beer.

Breakfast with Martin Bester het Vrydag met die 'Skepe' sanger gepraat oor sy ervaring by die UFC en die UFC-kampioen se wen-oomblik.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Jacaranda FM

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories