Is jy op soek na 'n verlore diamant-trouring in die Moot?

Is jy op soek na 'n verlore diamant-trouring in die Moot?

'n Inwoner van die Moot is op soek na die eienaar van 'n verlore diamant-trouring wat by die Checkers in Waverley opgetel is. Is dit dalk joune?

CHECKERS WAVERLEY
Google Images

'n Trouring is vir meeste getroudes een van die belangrikste simbole van 'n huwelik en verteenwoordig die belofte en toewyding in 'n huwelik.

Daarom is dit 'n besonderse hartseer storie as enige iemand hulle trouring sou kwyt raak.

Iemand het onlangs hulle diamant-trouring in die Moot area in Pretoria verloor, maar daar is moontlik goeie nuus.

LEES: Benoemings vir die 2024 Silwerskermtoekennings bekend

'n Inwoner van die Moot het díe diamant-trouring in die parkeerarea van die Checkers in Waverley, Pretoria gevind.

Volgens Pretoria Rekord, het Lydia van der Kooy op 29 Junie, haar verjaarsdag, uit haar kar uit geklim en iets blink op die parkeerterrein gewaar.

"Toe ek dit optel, sien ek dit is ʼn pragtige trouring," het sy gesê.

Die sosialemediabeampte by Sol-Tech het glo mense in die parkeerterrein begin vra of die trouring aan hulle behoort, maar kon nie die eienaar opspoor nie.

"'n Trouring is so 'n mooi simbool van die belofte wat 'n man en vrou voor God aflê," het sy op sosiale media geskryf.

"Ek is opsoek na die eienaar van die ring. Help asb om die berig te deel. Dalk, net dalk, kan ons iemand se dag maak."

"'n Mens heg baie waarde aan jou ring. Dis tog 'n simbool van jou en jou man se storie saam. As ek my trouring verloor, sal dit vir my verskriklik wees," sê sy.

Lydia van der Kooy Troufoto
Lydia van der Kooy/ Facebook

Volgens Maroela Media het Van der Kooy gesê dat die witgoud-trouring nog redelik nuut lyk.

LEES: The 2025 school calendar includes three extra holidays

Sy sal die ring oorhandig as die person wat dit wil eis 'n deeglike beskrywing daarvan kan gee of selfs beter - 'n foto kan verskaf.

Die ring word tans in haar kluis toegesluit tot die eienaar daarvan gevind word.

Behoort die ring dalk aan jou?

Lydia kan gekontak word by [email protected].  

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Google Images

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories