Kurt Darren gaan jou laat hop met splinternuwe enkelsnit
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Suid-Afrikaanse sanger Kurt Darren het Vrydag, 8 November, sy splinternuwe album '100%' vrygestel.
Kurt Darren kombineer al sy vrystellings van die afgelope vier jaar saam met ses splinternuwe liedjies in een album, '100%'.
'Hop Hop Spinnekop' is die fokus-enkelsnit van die album en gaan verseker in elke kuierplek en by elke braai gaan speel.
KYK: "Dik Tril"-nommerplaat veroorsaak groot opslae
Die liedjie is geskryf deur Kurt Darren, Don Kelly, Dirk van Niekerk en Dan Green.
Dis nie al nie – maak seker jy kyk uit vir die impakvolle musiekvideo wat saam vrygestel word.
Kyk hier:
Tussen die ses nuwe energieke liedjies kruip daar 'n onverwagte juweel weg, 'Bos Is My Kos' wat deur Kurt en sy vrou, Dunay saam geskryf is en lê beide na aan die hart!
Die ses nuwe liedjies sluit in: 'Kaptein 2', 'Gene (RSA DNA)', 'Eerste Prys' en 'Wêreldklas' terwyl jy ook van die res van die album se gunsteling treffers kan verwag soos 'Sokkie Tot Die Einde', 'Meisiesfontein' en 'Party Tyd'.
KYK: Appel stel eerste tweetalige country-lied vry
Met hierdie versameling nuwe liedjies wat deur drie van ons land se top vervaardigers Murray Lubbe, Dirk van Niekerk en Robin Kielly vervaardig is, gaan jy die hele reis van die afgelope vier jaar saam met Kurt geniet soos jy deur die album luister.
Soos altyd gee Kurt '100%' - net soos wat jy gaan doen op die dansvloer. Beskikbaar vanaf 8 November 2024!
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Verskaf
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Joburgers show off their Christmas cars - Merry Christmas
There's something about Christmas that makes all things possible...
The Workzone with Alex Jay 9 hours ago -
Three things to do on Christmas in Johannesburg
If you want to do something after the big Christmas lunch, here are some...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 9 hours ago