KYK: SA sangers raak emosioneel in Theuns Jordaan huldeblyk
Updated | By Etienne Bruwer
Van Suid-Afrika se grootste name in musiek het bymekaar gekom as 'n huldeblyk aan die musieklegende Theuns Jordaan.

In 'n onlangse plasing op Facebook raak bekendes soos, Juanita du Plessis, Bobby van Jaarsveld en Karlien van Jaarsveld emosioneel na hulle die lewe en dood van musieklegende Theuns Jordaan herleef.
Die video is vrygetsel as 'n advertensie vir ‘n opkomende ‘Theuns Jordaan Tribute Concert’ wat by Loftus gaan plaasvind op 25 Maart.
LUISTER: Tasché Burger stel nuwe enkelsnit vry
Suid-Afrikaanse sangers soos Jay, Lianie May en Bok van Blerk is ook te sien in die video as deel van die huldeblyk.
"Ek weet dis wat Theuns sou wou gehad het, in gees is hy daar saam met my op die verhoog."Die trane het gerol soos wat díe sangers herinneringe oor die musieklegende gedeel het.
KYK: Brendan Peyper deel "groot droom" op sosiale media
"Dis nogsteeds vir my hartseer. Ek het gedink na twee jaar sou ek al bietjie beter voel," het Juanita du Plessis tydens die onderhoud gesê.
Hulle het ook gepraat oor die impak wat die 'Sal Jy Bly'-sanger se dood op hulle lewens en die lewens van Suid-Afrikaners gehad het.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Crazy video shows bakkie in a pool after an accident
That awkward moment when you take a turn too fast, crash through a wall,...
The Workzone with Alex Jay 14 hours ago -
Visit the MiFitness Kids at Syringa Park, Avianto Estate
MiFitness Kids is home to the biggest play park in Syringa Park – a mas...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 14 hours ago