KYK: 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder swanger!
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Die voormalige 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder het onlangs aangekondig dat sy en haar man hul eersteling verwag.

In September 2024 het die model en TV-aanbieder, Marciel Hopkins, aangekondig dat haar reis as die aanbieder van die gewilde maatsoekreeks, 'Boer Soek 'n Vrou', tot 'n einde kom.
Nou is Hopkins reg vir die volgende seisoen van haar lewe.
Marciel en haar man, Handrè Lourens, het Sondag, 12 Januarie, aangekondig dat hulle hul eerste "klein bondeltjie vreugde" verwag.
KYK: Kurt Darren vier 14de huweliksherdenking in "paradys"
Die paartjie het prentjiemooi foto's op sosiale media gedeel om die goeie nuus aan te kondig.
"16 weke van ons klein bondeltjie vreugde wat groei en my reeds op my tone hou," het Hopkins op sosiale media geskryf.
Die pragfoto's wys hoe die paartjie op Clifton 4th Beach se klippe sit, terwyl Marciel spog met ultraklank-foto's van hul eersteling.
'n Ander foto wys hoe die aktrise haar maag vashou.
Kyk hier:
"Die Here het só duidelik met my hart gepraat oor die volgende seisoen van my lewe, so ons het groot gedroom oor hierdie baba-blessing en is gereed vir die avontuur van 'n leeftyd wat voorlê!"
KYK: Mila en Bennie se babaseun is hier!
Baba Hopkins-Lourens sal in Junie 2025 by die gesin aansluit.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Verskaf/ kykNET
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
KYK: Marciel Hopkins deel geslag van baba in spesiale video
Die voormalige 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder en haar man verwag hulle ee...
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago -
VIDEO: Behind the heart cake controversy taking over TikTok
You know it's bad when people can't tell the difference between satire a...
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago