KYK: Demi Lee Moore deel trouvideo in nuwe musiekvideo

KYK: Demi Lee Moore deel trouvideo in nuwe musiekvideo

Demi Lee Moore het oomblikke van haar troue in haar musiekvideo vir 'Outydse Liefde' gedeel.

DEMI LEE MOORE TROU VIDEO
YouTube/ Skermgreep

Vier jaar na die vrystelling van haar laaste album, 'Jy Ken My Naam,' is die geliefde Demi Lee Moore terug met 'n nuwe, opwindende album.

In haar nuutste album, 'Klein Dingetjies,' skryf Moore ook 'n "liefdesbrief" aan haar man, Barthlo Visagie.

LEES: Só het Demi Lee Moore en haar man ontmoet...

'Klein Dingetjies,' wat agt pragtige snitte bevat, is op Vrydag, 21 Maart 2025, op alle stroomdienste beskikbaar gestel.

Dié album sluit gewilde liedjies soos 'Hart Breek' en 'Net Myne' in, sowel as ses splinternuwe liedjies, insluitend haar nuutste enkelsnit, 'Die Mooi in Jou,' en haar weergawe van die liedjie 'Outydse Liefde'.

Op 14 Maart het Moore 'n "diep persoonlike en opregte liefdeslied" aan haar man, Barthlo, uitgereik met haar enkelsnit 'Die Mooi in Jou'.

"'Die Mooi in Jou' is op 7 Januarie vanjaar op my en my man, Barthlo, se huweliksherdenking geskryf. Ek het dit regtig uit my hart geskryf. Die son skyn altyd deur Bart se oë – hy sien tog net die mooi in my," sê Demi Lee.

Verder sluit die album ook Demi se weergawe van Gian Groen se liedjie 'Outydse Liefde' in.

LEES: 'Knyp my, ek droom' - Demi Lee Moore pryk in New York

Sy het Vrydag, 28 Maart, 'n musiekvideo vir die liedjie uitgereik, waarin sy haar en haar man se trouvideo ook gedeel het.

Kyk hier:

Moore het ook onlangs 'Outydse Liefde' op Breakfast with Martin Bester se Friday Live opgetree.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: YouTube/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories